DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
TERUG SKOOL TOE Die Landbougimnasium Augsburg, Clanwilliam, gooi van vandeesmaand af sy deure oop vir boere, oudskoliere en plaasbestuurders om saam met die skool se landboutegnologie-leerders kursusse in onder meer draadspan en skaapskeer, asook spesifieke kursusse gemik op Dorper- en Boerbokboerdery, by te woon. Die kursusse word met die samewerking van die Wes-Kaapse Boerbokklub (wat van sy bokke daarvoor beskikbaar stel), die Dorpertelersvereniging, Landbouweekblad, BKB, Elsenburg, die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut en die Nasionale Wolkwekersvereniging saamgestel om geakkrediteerde opleiding aan Clanwilliam se boeregemeenskap te bied. Die eerste kursusse was teen druktyd reeds vol bespreek. Besoek bit.ly/2x2bD35 vir meer inligting. BELASTINGPYNE Suid-Afrika se verbruikersinflasiekoers het in April tot 4,5% gestyg nadat dit in Maart ’n sewejaarlaagtepunt van 3,8% bereik het. Volgens Statistieke SA was die meeste van die styging weens prysstygings in pryskategorieë waarop spesifieke belastings…