DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
DRIE BESEER BY ROYAL-SKOU ’n Brahmanbul het die Royal-skou in Pietermaritzburg op horings gehad nadat hy verlede Saterdagaand uit sy kamp op die skouterrein gebreek het. Volgens mnr. Terry Strachan, uitvoerende hoof van die skou, is die veebeheerhekke dadelik gesluit, maar die momentum van die bul was van só ’n aard dat die hek uit sy reling gestamp is. Drie mense aan die ander kant van die hek het ligte beserings opgedoen weens die stamp aan die hek. Hulle is ná hospitaalbehandeling ontslaan. FONDS VIR SLAGOFFERS VAN PLAASAANVALLE Die burgerregte-organisasie Afri-Forum het ’n fonds geskep om spesifiek geldelike hulp aan slagoffers van plaasaanvalle te bied. Mnr. Ian Cameron, die organisasie se hoof van gemeenskapsveiligheid, sê die organisasie wil alles in sy vermoë doen om seker te maak die slagoffers behou hul menswaardigheid. “Talle…