DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
OPERASIE BOORGAT Die eerste boorgat in ’n projek van die liefdadigheidsorganisasie Gift of the Givers is Maandag 11 Junie op Sutherland geboor om nagenoeg 200 boorgate wat weens die knellende droogte opgedroog het, dieper te maak of te vervang. Sowat 40 000 liter brandstof, wat gebruik gaan word vir die boorwerk, is deur mnre. Herman en Marius Brelage van Volksrust teen kosprys aan Gift of the Givers verskaf. Die projek sal Gift of the Givers sowat R15 miljoen kos. Dr. Gideon Groenewald, ’n hidroloog met 35 jaar se ervaring, en mnr. Martyn Landman, ’n boorkontrakteur, behartig die boorproses. Lees meer by bit.ly/2JCADnJ, en op bl. 17. FOTO: SYBRAND BURGER SLAGTING Suid-Afrika se eierbedryf het verlede jaar 4,69 miljoen lêhenne weens die uitbreking van voëlgriep verloor. Volgens mnr. Willie Bosoga, herkose voorsitter van die…