DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
MA SE MOOISTE Dié Brahmankalfie en sy ma loop in die Brahmankudde van mnr. Ting Braithwaite van Bergville in KwaZulu-Natal. Braithwaite neem deel aan die Brahman-beestelersgenootskap se vleisbeesgenomikaprojek, wat drie jaar gelede begin is. Prestasietoetsing is al baie jare lank vir dié familie belangrik. Braithwaite het grootgeword met Brahmane. Sy oupa het een van die eerste Brahmankruisbeeste gekoop toe die ras in Suid-Afrika beskikbaar geword het. Een van die eienskappe wat hy veral hoog op prys stel, is die Brahmankoeie se moedereienskappe, wat duidelik te sien was uit dié koei se agterdog toe Landbouweekblad se joernalis nader staan om dié foto’s te neem. TOT SIENS, CHARLOTTE Dr. Charlotte Nkuna het as waarnemende uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) bedank om haar by Sanparke aan te sluit. Sy was voorheen direkteur van die…