DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
GROTER IS BETER Die Val-boeredag wat jaarliks op Standerton in Mpumalanga gehou word, gaan van krag tot krag. Vanjaar het die dag meer as 3 000 mense gelok, teenoor verlede jaar se 2 800. Die getal uitstallers het ook gegroei van 143 tot 213. Me. Elizna Griesel, wat verbonde is aan die Waterval-boerevereniging, skryf dit toe aan die vraag na die tipe demonstrasies wat daar te siene is. Een van die werktuie wat groot belangstelling uitgelok het, was die Claas Lexion 760-stro-per, met sy graantenk van 12 000 liter. Dit het ’n werkspoed van 6-10 km/h en dit kan ook in klam weerstoestande gebruik word. VARKPRYS DRAAI Die wolk wat sedert die begin van die jaar oor die varkbedryf hang, is stadig besig om te lig, met pryse wat hoër neig danksy herstel…