SYFERS
4,6% Die verbruikersprysinflasie het verlede maand met 0,2 van ’n persentasiepunt gestyg van Mei, toe dit op ’n jaargrondslag 4,4% was. Dit is nou 4,6%. Kosprysinflasie was op ’n jaargrondslag 3,1% hoër. Die inflasie vir verwerkte voedsel was op ’n jaargrondslag 1,9% en van onverwerkte voedsel 4%. Die inflasie vir suiker en ander soetighede het met 5,3% geval – die meeste van enige kosgroep. Inflasie vir nie-alkoholiese drankies was 6,2%, en vir alkoholiese drankies 8,3%. — Statistieke SA R5,63 Die rand behoort teen nagenoeg R5,63 teenoor die dollar te verhandel, gemeet aan die gesaghebbende weekblad The Economist se beroemde Big Mac-indeks. Die indeks gebruik die prys van ’n McDonalds-burger om aan te dui of geldeenhede teen realistiese vlakke verhandel – gemeet aan koopkrag-pariteit. In Amerika kos ’n Big Mac $5,51 en in Suid-Afrika…