SYFERS
R2,3 miljard Die kragprodusent Eskom en sy groep filiale het vir die boekjaar tot einde Maart verliese van R2,3 miljard aangemeld. Dit is nog ’n betreklik vleiende bedrag – Eskom alleen se verliese het R4,6 miljard beloop. Sy laste oorskry sy bates met R20,6 miljard. Weens onvoldoende beheermeganismes by die maatskappy meen ouditeure die R20 miljard se onreëlmatige en verkwistende uitgawes en verliese weens misdaad kan inderwaarheid veel hoër wees. — Moneyweb 16 Namibië se 16 oorblywende melkboere is verheug dat ’n lang verwagte wetsontwerp wat die in- en uitvoer van melk en ander suiwelprodukte sal reguleer, uiteindelik deur dié land se kabinet goedgekeur is. Sedert begin vanjaar het die prys vir onverwerkte melk met 20 sent per liter gedaal, wat talle melkboere se boerderye onvolhoubaar gemaak het. Daar is nou minder as…