DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
NET EEN PLAN “Daar is net een plan wat vir Suid-Afrika gaan werk, en dit is God se plan.” Dít was die boodskap van ds. Petrus Grové, een van die boere wat betrokke is by die MD Foundation op Ficksburg, op Landbouweekblad en Agri SA se grondberaad op Bela-Bela. “Ons moet ophou om uit vrees te dink oor hoe ons alles moet probeer beskerm. Ons moet die Here vertrou, en vir Hom vra hoe lyk Sý plan vir Suid-Afrika.” Grové se stigting het ’n model saamgestel waarvolgens hulle 45% van hul boerdery aan die staat verkoop. Dié geld sal weer in die boerdery belê word om werk te skep. — ALANI JANEKE SEKTORALE PLAN Die hele landboubedryf sal saamspan om ’n raamwerk vir die sektor te ontwikkel wat gemik is op inklusiewe groei en…