SYFERS
1,3% Kort ná adj.pres. David Mabuza se versekering op Landbouweekblad en Agri SA se grondberaad dat die ANC-regering nie grondgrype sal duld nie, het die rand met 1,3% versterk van R14,41 tot R14,22 teenoor die dollar. Dit volg ná pres. Donald Trump se twiet dat hy die “grond- en plaasbesettings en die grootskaalse moorde van boere in Suid-Afrika” gaan laat ondersoek. Mnr. Wessel Lemmer, Absa-landbou-ekonoom, het ná Mabuza se toespraak getwiet die beraad dra by tot beleidsekerheid. 1,6m. ton Suid-Afrika se koringinvoerbehoefte kan in die huidige bemarkingsjaar tot 1,6 miljoen ton daal vanaf 1,9 miljoen ton in die vorige jaar. Dit is danksy groter aanplantings en verbeterde opbrengsverwagtinge, veral in die Wes-Kaap. Koringproduksie kan op ’n jaargrondslag 18% hoër wees danksy die herstel in produksietoestande ná die knellende droogte van verlede jaar. Die…