DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
DOODLOOP-RIVIER Die Krakeelrivier in die Langkloof het ná slegs een dag weer byna leeggeloop ná wydverspreide reën verlede naweek. Die rivier voed die Waboomrivier, wat op sy beurt in die Kougarivier inloop. Mnr. Riaan Strydom, ’n boer van die omgewing wat dié foto’s geneem het, sê baie water gaan in die droë rivierlope verlore, en afloopwater uit die gebied het nie die Kougadam gehaal nie. Hy sê met opvolgreën wat met druktyd voorspel is, kan die water wel die dam haal. Die Langkloof is een van die hoofproduksiegebiede van appels en pere in Suid-Afrika. Volgens Hortgro is die naasmeeste peerbome en die vierde meeste appelbome in Suid-Afrika in die ooste van die Langkloof geleë. Lees meer op bl. 16. LISTERIOSE KWYN Die genoteerde kosverwerker Tiger Brands sê voorbereidings om sy fabrieke te heropen…