SYFERS
R1,4 triljoen Die kontantreserwes van die JSE se 50 grootste maatskappye het gegroei van R242 miljard in 2005 tot R1,4 triljoen in 2016, volgens navorsing van die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir Mededinging, Regulering en Ekonomiese Ontwikkeling. Die sentrum se senior ekonoom, mnr. Thando Vilakazi, sê die Regering moet beleid ontwerp wat maatskappye sal aanspoor om plaaslik te belê. Uit die 20 top-maatskappye op die JSE in 2000, was 12 steeds onder die top-20 in 2016. – Business Day 70 Daar was 70 plaasmoorde in die boekjaar 2017-’18 en nie 62 soos wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens verlede week aangekondig het nie, sê TLU SA, wat sy eie databasis van moorde op landbou-eiendomme byhou. Die organisasie sê hy het etlike pogings aangewend om ’n afspraak met mnr. Bheki Cele, Minister van Polisie, te…