SYFERS
0,26 °C Die temperatuur in die wêreld kan teen 2100 met 0,26 °C verlaag word as grondbewaringspraktyke, soos dekgewasse, weidingsbestuur en peulgewasse, wêreldwyd toegepas word, en dié praktyke met die drastiese vermindering van koolstof-uitlaatgasse gepaardgaan. Dit is volgens ’n nuwe studie van die Universiteit van Kalifornië, Berkeley. Aanvanklik wou navorsers bepaal of herlewingslandboupraktyke wêreldwye temperature met minstens 0,1 °C kan verminder. — Science Daily R4,7 miljard Suid-Afrika se uitvoer na Rusland het van R4,1 miljard in 2016 gestyg tot meer as R4,7 miljard in 2017. Die belangrikste uitvoerprodukte daarheen is vrugte en neute, mangaanerts, yster- en staalprodukte, drankies, asyn, elektriese masjinerie en toerusting. Die Departement van Handel en Nywerheid lei vandeesweek ’n afvaardiging sakelui na World Food Moscow in Rusland. Die departement hoop dat dit nuwe handelsmoontlikhede vir boere en verwerkers sal skep.…