SYFERS
28% Die dieselprys het tot dusver vanjaar met 28% gestyg, en die petrolprys met 25%. Rekord-brandstofprysstygings het begin Oktober in werking getree – R1,01/l vir petrol en R1,24/l vir diesel, wat die land se ekonomie sowat R2,5 miljard sal kos. Mnr. Layton Beard, woordvoerder van die AA, sê dit is die grootste prysstygings in die land se geskiedenis, en die skuld kan vierkant voor die deur van die chaotiese ekonomie gelê word. Lees meer op bl. 14. — Business Day R235m. ’n Wynplaas buite Franschhoek is in die mark vir die rekordprys van R235 miljoen, wat daarop dui dat praatjies oor onteiening sonder vergoeding en die droogte skynbaar nie ’n groot uitwerking op buitelandse beleggers se aptyt vir ’n trofee-wynplaas in Suid-Afrika gehad het nie. Tot dusver vanjaar is minstens drie wynplase in…