SYFERS
1,2 Die Noordwes-Universiteit se indeks oor beleidsonsekerheid het in die derde kwartaal met 1,2 persentasiepunte gestyg, van 51 tot 52,2. Die basispunt vir die indeks is 50, met ’n hoër telling wat groter onsekerheid aandui. Die styging is gegrond op die feit dat meer ondernemings aangedui het politiek belemmer die sakesektor in die land en effens meer is oor beleidsonsekerheid in die media berig. Die indeks se hoogste vlak was in die laaste kwartaal van 2015 (55,4%). – NWU-sakeskool 18% Die verkope van 487 trekkers in Augustus is byna 18% minder as die 591 eenhede in die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Vir die eerste agt maande van vanjaar is trekkerverkope egter steeds byna 7% hoër as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Stroperverkope van 9 eenhede is 3 eenhede minder as die 12…