DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
’N INSPIRASIE Landbouweekblad het Graan SA se Inspirasie-eerbewys vir vanjaar ontvang vir die grondberaad wat hy in Augustus met die samewerking van Agri SA in Bela-Bela aangebied het. Meer as 500 mense van reg oor die land het dié historiese tweedaagse beraad bygewoon, waar 65 sprekers voorleggings gemaak wat in sewe tale getolk is. Chris Burgess (links), hoofredakteur van Landbouweekblad, het die eerbewys opgedra aan die sprekers op die grondberaad, wat volgens hom ’n toonbeeld is van die Suid-Afrika wat ons kan wees. “Hulle is mense met ’n diep geloof wat hulself nie deur probleme laat afskrik nie.” Hy het ook die rol van gewone Suid-Afrikaners in die gronddebat uitgelig en gesê die beraad het ’n unieke platform geskep waarop verskillende belanghebbendes in die landbou met mekaar kon skakel. Hier is…