DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
AVOKADO VAT DIE VETKOEK In ’n poging om die gebruik van avokado in straatkos te bevorder het die bemarkingsmaatskappye Protactic en Promofresh vanjaar ’n veldtog begin waardeur hulle avokado as vulsel in die gewilde Afrikavetkoek, die magwinya, onder verbruikers beproef het. Maya Boshoff (7) van Mokopane in Limpopo het daarvan gehou, en dit het ook groot aftrek by Gautengse verbruikers gekry. Van die informele handelaars wat dié vetkoeke by taxi-en bushaltes verkoop, bedien tot 2 000 mense op ’n oggend, en 65% van die kliënte wat avokado-magwinyas beproef het, sê hulle is gaande daaroor en sal dit gereeld koop as dit beskikbaar is. Die meeste van hulle is selfs bereid om ’n bietjie meer daarvoor te betaal. Baie mense sal ook heel avokado’s koop as straatkosstalletjies dit aanhou. IN VLAMME Volgens voorlopige opnames…