DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
SLANGWAG Mnr. Marnu Gouws, die omgewingsake-beampte van die Kangnas-windplaas by Springbok, is nie net vir die bestuur van die projek se waterverbruik verantwoordelik nie, maar ook een van Kangnas se amptelike slanghanteerders. Gouws en sy kollega, mnr. Hennie Taljaardt, het reeds verskeie horingadders op die plaas gevang en in ’n soortgelyke habitat hervestig. Gouws sorg saam met die Springbok-hospitaal ook dat genoeg serum teen slangbyt beskikbaar is. Van die vernaamste giftige slangsoorte wat in dié deel van die Namakwaland voorkom, is die geelslang, swart spoegkobra en pofadder. Die Kangnas-projek sal 140 MW elektrisiteit deur die 61 windlaaiers opwek. ONWETTIG! Die Grondwethof het op 11 Desember in die guns van ’n groep Zimbabwiese boere beslis dat oudpresident Jacob Zuma onregmatig en ongrondwetlik opgetree het toe hy saam met ander leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap…