DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
KRAG EN ROSYNTJIES Dieselfde helder son wat die lug naby Keimoes oor die rosyntjiewingerde by Kanoneiland laat bewe, is die rede vir die 205 meter hoë Khi Solar Onesonkragtoring se oprigting in 2016. Die toring gebruik 4 000 heliostat-spieëls en konsentreer sonlig op die spesiaal ontwerpte watertoring om elektrisiteit deur termiese hitte op te wek. Dié sonplaas beslaan 140 hektaar en lewer sowat 50 megawatt. Dit is die eerste toring in sy soort in Afrika, en is een van drie sulke sonplase wat in vennootskap met die Spaanse maatskappy Abengoa in die Noord-Kaap opgerig is. Die ander is Kaxu Solar One (100 MW) en Xina Solar One (100 MW) naby Pofadder. FOTO: LIZA BOHLMANN HULP VIR BULTFONTEIN Etlike landbou-ondernemings het in Desember skenkings gemaak aan Bultfontein-boere wat nie vanjaar produksielenings kry nie. Pioneer…