DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
HIER KOM DIE BORRELS Graham Beck Wines, ’n vonkelwynprodusent van Robertson, was een van die eerste wynplase wat op 7 Januarie druiwe vir die 2019-oestyd begin oes het. Die maatskappy het die groot dag oudergewoonte met ’n parsoptog, waaraan die personeel deelgeneem het, begin. Mnr. Pieter Ferreira, die keldermeester, het ’n bottel vonkelwyn met ’n swaard oopgemaak om die geleentheid te vier – ’n tegniek wat as sabrage bekend staan. Vonkelwyndruiwe word gewoonlik eerste gepluk, wanneer die suurinhoud nog hoog is. Die doel is om ’n neutrale droë basiswyn daarvan te maak wat met verloop van tyd kan ontwikkel. VASBERADE Suid-Afrika se sitrusbedryf het R1,86 miljard bestee aan maatreëls om swartvlek by sitrus te bekamp, volgens navorsing van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid. Mnr. Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging van…