DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
BAKKIES BRAAI! Die voormalige Springbok Bakkies Botha het begin boerewors maak toe hy van 2011 tot 2015 in Frankryk vir Toulon rugby gespeel het, en ’n plan moes beraam om meer bekostigbare vleis in die hande te kry. Mettertyd het dit ’n tradisie geword om Woensdagaande die vuur aan te steek saam met ander groot rugbyname, onder andere Bryan Habana, Jonny Wilkinson, Matt Giteau, Drew Mitchell, Carl Hayman en Juan Fernandez Lobbe. Bakkies boer deesdae self met beeste en wild in Limpopo, en bemark nou sy boerewors by rugbywedstryde en deur sy webwerf, www.bakkiesboerewors.com KAROO SKEP ASEM Touwsrivier is een van die distrikte in die Karoo waar daar verlede naweek die eerste keer in meer as vier jaar reën geval het. Die Gamkadam en Beaufort-Wes het ook die eerste keer in jare broodnodige reën…