DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
FYN KYK Mnre. Johnny Henderson (derde van regs) en Syce Botha, die twee beoordelaars, saam met die ringbeampte, me. Elmarie Killian (heel regs), tydens ’n klasafdeling van die Oos-Kaap-Boerbokklub se jaarlikse streekskampioenskappe wat van 7 tot 8 Februarie op Willowmore se skouterrein aangebied is. Volgens mnr. Kobus Lötter, die organiseerder van die skou, voldoen die diere wat geskou is aan nasionale skoustandaarde. Die organiseerders was ook verheug oor die belangstelling, met ’n goeie totaal van 387 inskrywings vir die stoetafdeling en 165 inskrywings vir die kudde-afdeling. Die Oos-Kaapse Dorperkampioenskappe, asook ’n Angoraskou, is ook tydens die skou aangebied. OORSKAT Soos verwag was die mielie-oes vir 2017-’18 oorskat. Dit is met 421 210 ton (3,26%) afwaarts aangepas ná werklike lewerings in ag geneem is. Volgens die Nasionale Oesskattingskomitee staan die finale oes nou op…