DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
MAAK SKOON! Woodlands Dairy en sy First Choice-handelsmerk het in vennootskap met die Kouga-munisipaliteit en mnr. Paul Ferreira, ’n plaaslike sakeman, verantwoordelikheid aanvaar om die pad van die N2 na Humansdorp skoon te hou. Luidens ’n verklaring sluit dit aan by sy veldtog Clean up your Hood for Good, waarmee Woodlands gemeenskappe se gewoontes rakende rommelstrooiing en respek vir die omgewing wil verander. As deel van die veldtog is dié advertensiebord onlangs by die N2-afdraai na Humansdorp onthul. ’n Deel van die bord is van herwinbare rommel gemaak, onder meer rommel wat langs die einste pad opgetel is. FOTO: VERSKAF WIE SE GELD? ’n Hofgeding kom oor dividende-inkomste uit die land se duurste grondeis, die Mala Mala-eis van R1,1 miljard, wat veronderstel is om aan begunstigdes uit twee gemeenskappe van meer as 900…