DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
330 JAAR OUD! Drie landbou-organisasies, naamlik Senwes, Suidwes Landbou en NWK, het elk ’n eerbewys van Graan SA ontvang omdat hulle vanjaar 110 jaar oud is. Van links is mnre. Hansie Viljoen, voorsitter van Suidwes, Jaco Minnaar, wat op die kongres eenparig tot voorsitter van Graan SA herkies is, me. Preline Swart, voormalige ondervoorsitter van Graan SA, mnr. Danie Minnaar, voorsitter van Senwes, mnr. Theo Rabe, uitvoerende hoof van NWK, en Derek Mathews, ondervoorsitter van Graan SA. SKOONVELD Suid-Afrika verloor ongeveer die helfte van sy graanboere elke 15 jaar, het mnr. Jaco Minnaar, voorsitter van Graan SA, op sy organisasie se kongres gesê. Minnaar het gesê saam met die aantal graanboere daal die aantal hektare wat beplant word ook. Produksie neem toe vanweë beter produksiepraktyke, maar die verbruik van graan neem nie in…