DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
PROEBRIGADE Me. Nadin Pospech, sjef en eienaar van die Top Nosh-sjefskool, was een van die 75 beoordelaars in Agri-Expo se Qualité-suiwelkampioenskapskompetisie. Bykans 900 inskrywings van 70 vervaardigers is ingeskryf. Die Bapsfonteinse boetiekkaasmakery Belnori se bok-en-beesmelkkaas St. Francis of Ashisi is aangewys as Suiwelproduk van die Jaar. Dié kaas word gemaak met die melksuurkoagulasie-metode wat veral in Frankryk bekend is. Daar groei wit, eetbare swamme op die kaas se kors, en plant-as word daarop gesprinkel om te help om die melksuur in die kaas te beheer. Die eienaars van Belnori, me. Rina en mnr. Norman Belcher, spog met talle internasionale pryse vir hul kase. HOOG TYD Ná meer as ’n jaar se gewag het die Suid-Afrikaanse regulatoriese gesag oor gesondheidsprodukte die eerste plaaslike lisensies vir medisinale daggaproduksie goedgekeur, berig Business Day. Die lisensiëringstelsel daarvoor…