DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
‘HISTORIESE’ APPELBOOM VIND NUWE TUISTE ’n Witte-wijnappelboom van Nederland is in die Kompanjiestuin in Kaapstad geplant as deel van die viering van wat beskou kan word as die geboorte van die Suid-Afrikaanse appelbedryf. Jan van Riebeeck het dieselfde soort appelboom met sy koms in die Kaap geplant. Die eerste twee appels is op 17 April 1662, 357 jaar gelede, in die Kaap geoes. Mnr. Buks Nel, kultivarkenner van Tru-Cape, (wat die boom plant) het saam met ’n kollega, mnr. Henk Griesel, ’n boek oor die appelbedryf se geskiedenis geskryf. Ná ’n lang soektog is ’n wijnappelboom in ’n private tuin in Nederland opgespoor. Hulle kon nie saad van die boom hierheen bring nie en moes ’n steggie gebruik wat lank in kwarantyn was. SWAAR TYE Die genoteerde dierevoer-, pluimvee-en-eieronderneming Quantum Foods verwag dat…