DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
NAMIBIESE NOODHULP ’n Tjek van R200 000 vir Namibië se rampdroogtefonds Dare to Care is in Windhoek deur die Hentiesbaai-tak van die Lionsklub aan die georganiseerde landbou oorhandig. Van links is mnre. Daniel Mahua van die nasionale landbou-unie vir opkomende boere (NECFU), Ryno van der Merwe van die Namibiese landbou-unie, Gert Grobler en me. Matti Grobler van die Lionsklub en dr. N. Nghifindaka van die NECFU. Voor dié skenking is genoeg geld geskenk om 76 000 sakke veevoer vir boere te subsidieer. Sowat 92% van die land se weiding is ondernormaal, terwyl 64% van die hele land minder as 20% van die normale weiding het. GROOT GELD Beleggings van meer as R650 miljoen in die Wes-Kaapse landbou, wat 487 nuwe werkgeleenthede skep, is deur die Wes-Kaapse beleggingsbevorderingseenheid van Wesgro verseker. Hierdie belegging is…