DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
DIE MOOISTE ROOIE ZEC 17-0010 Match, ’n rooi Angus, is vanjaar die topbul in die Elite-bulgroeitoetsklas in die Elite-beeskompetisie van Vleissentraal en SA Stamboek. Die bul behoort aan dr. Enslin Coetzee en sy skoonseun mnr. Issie Liebenberg van die ZEC-Angusstoetery by Bothaville. Van links is mnre. Anton Vos (uitvoerende hoof van Vleissentraal), Freddie Wasserfall en dr. Japie van der Westhuizen (albei van Stamboek), en mnre. Issie Liebenberg en Izak Koba (albei van die ZEC-Angusstoetery). Die naaswenner is die Limousin XRL 16-103 Normandy van mnr. Derick le Roux (Xourel-Limousins, Lichtenburg). In die derde plek is die Sussex NJB 17-0034 van mnr. Nico Bouwer van die Witkwas-Sussexstoetery naby Vryburg. WAG ’N BIETJIE Die afhandeling van stappe wat nodig is vir die beoogde transaksie waardeur die internasionale konsortium Milco Clover wil koop, duur langer as wat…