DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
OUD EN NUUT Mnr. Tienie Bekker van Reddersburg in die Vrystaat het onlangs dié uitgawe van Die Landbouw Weekblad, gedateer 24 Desember 1919, aan Landbouweekblad geskenk. Toe het skape teen gemiddeld 12 sjielings en ’n sikspens elk verhandel, maar stoetramme was “duur” teen 5 pond elk. Vleis is beskryf as só duur “dat ’n mens dit byna nie kan betaal nie”. Die “objektiewe” raad wat die skrywer bied oor hoe om hoenders slaggereed te kry vir feesdae is dat slaghoenders net drie weke lank vet gemaak moet word. Om te bepaal of die dier gereed is vir slag, moet hulle “so nou en dan gevang word en bevoel word of hulle swaarder word”. Lees meer by bit.ly/2JBkZb2 ’N RAPSIE MEER Die finale koringoes vir die 2018-produksie-seisoen is vasgestel op 1,868 miljoen ton –…