DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
WAT ’N BAAL! Drie gr. 11-leerders van die Hoër Landbouskool Marlow het presteer op OVK se wolbaaldra-kompetisie wat jaarliks op Nampo-oesdag aangebied word. Deelnemers moes ’n baal van 40 kg oor 40 m dra. Jacques Esterhuizen (16, middel) van Tarkastad het die 40 kg-baal in ’n wentyd van 11,1 sekondes gedra. Tertius Neethling (18, links) van Kenton-on-Sea was tweede met 11,16 sekondes, en Tiaan Scheepers (16, regs) van Somerset-Oos derde met 11,81 sekondes. REGS: Mnr. Adam Zawada, ’n omroeper by die radiostasie OFM, maak gereed om ’n 120 kg-wolbaal te lig. BANKBAAS GROET Mnr. Bennie van Rooy, voormalige finansiële hoof van die Land Bank en sedert Desember 2018 waarnemende uitvoerende hoof van dié instelling, het bedank. Van Rooy het by navraag gesê dat hy teen druktyd nog nie meer hieroor kon sê nie.…