DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
IETS OM TE VIER Midde-in een van die strafste droogtes nóg in die Noord-Kaap is ’n vierling onlangs van ’n vierjarige Dorperooi op die plaas Langklip in die distrik Garies gebore. Mnr. Henk Coetzee, die ooi se eienaar, sê dit is baie skaars dat ’n skaap ’n vierling kry, en dit boonop in die droogte. Hy is dankbaar dat sy genoeg melk het. Die ooi en lammers is na ’n kleiner kraal geskuif en word fyn dopgehou om te sien of al die lammers goed drink. “Almal vorder goed.” Coetzee, ’n vierdegeslagboer op 3 700 ha, sê daar is niks van die veld oor nie. “Alles staan op kraal. Die veld is pikswart. Ek gee die skape tans lusern en mielies.” Hy boer ook met Damaras en saai hawer, korog en…