DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
MA VAN VELE ’n Ooi van mnr. Pierre Redelinghuys, eienaar van die Ell-Roy Dormerstoetery buite Hartenbos, wat verlede jaar twee drielinge gekry het, het op 2 Junie sés lammers gekry. “Ons het al ooie met ’n vierling gehad, maar dis die eerste een wat ’n sesling gekry het,” sê Redelinghuys. Hy boer net met Dormers in ’n intensiewe stelsel met “groen weidings en baie kos” op die plaas Outeniquabosch. Een van die lammers was dood toe hy by die kraal aangekom het. Hy vermoed die ooi het dalk oor die lam gerol. Die ooi gaan vanjaar uitgeskot word, en het in haar leeftyd 18 lammers gekry. Lees meer by bit.ly/319svjv ’N SLEGTE IDEE Die Rooivleisprodusente-organisasie gooi tans wal teen pogings van die departement van handel en nywerheid om steun te werf vir ’n…