DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
LANDBOUWEEKBLAD SE SUKSES BELOON Landbouweekblad is met etlike eerbewyse op die jaarlikse Media24-prysaand bekroon. Chris Burgess, hoofredakteur van Landbouweekblad, het die Piet Cillié-eerbewys gekry vir sy leiding om Landbouweekblad se oorgang na ’n multiplatform-handelsmerk te bewerkstellig, asook sy vreeslose, eerlike en gebalanseerde beriggewing oor aktuele onderwerpe. Landbouweekliks, die televisiereeks van Landbouweekblad en die televisiekanaal VIA, is bekroon met die Media24-innovasieprys. Landbouweekblad het ook die Neil Hammann-eerbewys gekry vir die sake-eenheid binne Media24 met die beste finansiële resultate oor die afgelope drie jaar. Hier is, van links, Minki van der Westhuizen, seremoniemeester, Chris Burgess, Izelle Venter, kanaalhoof van VIA, en Ishmet Davidson, uitvoerende hoof van Media24. KABINET TOE Die verslag van pres. Cyril Ramaphosa se raadgewende paneel oor grondhervorming en die landbou sal eers aan die kabinet voorgelê word voor dit bekend gemaak word.…