DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
’N WÊRELDBURGER Die genetiese materiaal van Landbouweekblad en Breedplan se wenbul op die Royalskou maak straks eersdaags sy verskyning in Amerika en Kanada nadat Simmentalertelers uit dié twee lande die bul op sosiale media gesien het. Mnr. Andrew Masterson van die Milagro-stoetery naby Oesterbaai in die Oos-Kaap, eienaar van Milagro Premier ACM 16-44 (hier saam met die hanteerder mnr. Johannes Mabitso) , is gekontak nadat Masterson se vrou, Colette, tydens die beoordeling op die Royalskou ’n foto van Premier op Milagro se Facebookblad geplaas het. Colette vertel Premier kom uit ’n gedugte bloedlyn. Hy was die enigste bulkalf gebore uit sy ma, Milagro Sandra ACM14-24, se embriospoeling as 15 maande oue vers. “Vanweë die belangstelling het ons dit oorweeg om ons top-Simmentalerkoeie te spoel, en daarna embrio’s met Premier se saad…