DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
GROOT PRESTASIE Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, het die Universiteit van die Vrystaat se kanseliersmedalje ontvang vir sy bydrae tot die landbou, onder meer deur etlike leiersposisies wat hy beklee of voorheen beklee het, sy invloed op beleid en van die opleidings- en mentorskapsprogramme wat hy by Graan SA van stapel gestuur het. Hier is hy saam met sy dogter, Gerdie, en vrou, Retha, ná die seremonie. R6 MILJOEN STERK Kontantskenkings van méér as R6 miljoen is ontvang vir Namibië se Dare to Care-droogtehulpfonds wat boere in dié land bystaan. Dit bring die ideaal van R10 miljoen ál nader. Die geld word gebruik om veeboere met ’n subsidie van R50 per sak met die koop van veevoer by te staan. Sommige dele is al die afgelope ses jaar in…