DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
’n Groep van 45 plaaswerkers van Ceres Fruit Growers het die afgelope ses weke vrugte, groente en vrugtesap aan die droogtegeteisterde gemeenskappe in en om Sutherland geskenk. Hier bid die gemeenskap op Sutherland voor die eerste besending op 25 Mei uitgedeel is. Altesame 25 000 appels, 300 pakke beet, 300 bakkies sampioene, 5 000 blikkies Ceres-vrugtesap, 4 kratte pampoene en 300 sakke aartappels is uitgedeel. Ná dié eerste besending van 20 ton is nóg drie besendings kos aangery. Die plaaswerkers was teen druktyd besig met die insameling vir ’n volgende besending. Lees meer by bit.ly/32m3emH SKONER NEUTE Die plaaslike makadamiaverwerker Mayo Macs het ’n vennootskap gevorm met ’n Amerikaanse neutpasteuriseerder as deel van sy pogings om te voldoen aan streng internasionale kosveiligheidsregulasies. Die bedryfswebwerf The Macadamia berig die vennootskap stel Mayo Macs in…