DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
LANDBOUWEEKLIKS KRY NUWE AANBIEDERS Die TV-program Landbouweekliks spog vanaf reeks 7 met twee nuwe aanbieders. Die gewilde kletsrymer, hiphop-kunstenaar, digter, skrywer, aktivis, opvoeder en motiveringspreker Simon Witbooi (HemelBesem) sluit by die span aan. Hy het in Blackheath en Kraaifontein in die Wes-Kaap grootgeword. Ná matriek het hy as pastoor op Worcester gewerk, waarna hy hom sedert 2011 op sy musiek toespits. Die ander aanbieder is die aktrise en sangeres Nadia Beukes. Sy het ’n honneursgraad in bemarkingskommunikasie verwerf en is ook bekend as radio- en TVaanbieder. Die eerste episode van reeks 7 word op Dinsdag 6 Augustus uitgesaai. Landbouweekliks word elke Dinsdag om 19:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai. Sien ook bl. 57. BEMAGTIG Die landelike veiligheidstrategie begin stadigaan vrugte afwerp, met 48 voertuie wat onlangs as deel van die eerste fase aan…