Landbouweekblad 04 Mar 2021

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 22,40
R 840
50 Issues

in this issue

3 min
dié week in die landbou

OESTYD IN DIE BOLAND Chardonnay-druiwe op die wynlandgoed Tokara by Stellenbosch is ryp om gepluk te word en die eerstes is op pad kelder toe. Mnr. Karl Lambour, hoofbestuurder van Tokara, sê alles dui op ’n uitsonderlike oes. Volgens mnr. Etienne Terblanche, wingerdboukundige by Vinpro wat verantwoordelik is vir die Kaapse Suidkus-streek (wat Stellenbosch insluit), het Stellenbosse wynboere sowat tien dae later as verlede jaar begin oes. “Gehaltegewys lyk dit of ons ’n baie goeie oes het, hoewel die volumes bietjie minder is as wat aanvanklik verwag is. Die oesgrootte sal gemiddeld wees.” Danksy koeler nagtemperature is hy opgewonde oor die natuurlike suur- en geurontwikkeling in die druiwe. Veral Merlot en Cabernet sauvignon toon belofte. DOODSKLOK Kommer heers oor die uitwerking wat die likwidasie van die lugredery Air Namibia op die Namibiese trofeejagbedryf…

landbouza210304_article_004_01_01
1 min
syfers

80% Die koring-invoertarief het verlede maand met 80% gedaal tot 10,27c/kg, en die invoertarief op meel met 81,63c/kg tot 15,41c/kg. Mnr. Donald Mackay, handelsadviseur van XA International Trade Advisors, sê dié reusedaling sal veral Namibië en Botswana bevoordeel omdat hulle as lede van die Suid-Afrikaanse doeane-unie nie tariewe betaal op ingevoerde koring nie, maar tariefvrye toe-gang het tot koringprodukte, soos pasta, uit Suid-Afrika. – XA International Trade Advisors 280 Slegs 280 uit die 30 356 vuurwapen-amnestieaansoeke wat in die 2020-’21-boekjaar ontvang is, is verwerk, luidens statistieke wat die polisie op 16 Februarie aan die parlement se portefeuljekomitee vir polisie voorgelê het. Daar was egter soveel teenstrydighede in die voorlegging dat die komitee die vergadering kortgeknip en dit teruggestuur het om weer na te gaan en te korrigeer. Die komitee vra ook ’n verslag…

1 min
in ’n blik

KOP OMHOOG. ’n Boerbokram staan gereed vir beoordeling op die onlangse streekkampioenskap van die Oos-Kaapse Boerbokklub, wat saam met ’n veiling op Willowmore aangebied is. Mnre. Stephanus Malan en Ivan van Heerden was die beoordelaars. Volgens mnr. Kobus Lötter, voorsitter van die klub, was die belangstelling en gehalte van die diere baie goed. “Ons was bevoorreg om ondanks die beperkings weens die Covid-19-pandemie steeds ’n Boerbokskou te kon aanbied.” Die plaaslike Willowmoreskou is egter vanjaar afgelas. Dit is in 2020 ook afgelas weens ’n verbod op veilings en skoue as deel van die bek-enklouseermaatreëls wat einde 2019 afgekondig is.…

landbouza210304_article_005_01_01
1 min
die ander sê

SUID -AFRIK A hoop eerder dat die Amerikaanse wet op groei en geleenthede (Agoa) verleng kan word as om ’n nuwe handelsooreenkoms met Amerika te beding. Mnr. Lionel October, direkteur-generaal van die departement van handel, nywerheid en mededinging, het aan Bloomberg gesê dit kan beteken dat Suid-Afrika sekere toegewings sal moet maak, maar dit sal beter wees as ’n handelsooreenkoms wat vier tot vyf jaar kan duur om te onderhandel. Luidens syfers van die Amerikaanse regering het die waarde van handel in goedere en dienste tussen Suid-Afrika en Amerika in 2019 sowat R258 miljard ($17,8 miljard) beloop. Uitvoer van R29,4 miljard ($2 miljard) vanaf Suid-Afrika het voordele geniet danksy Agoa en Amerika se veralgemeende stelsel van voorkeure, met laasgenoemde wat handelsvoordele aan die wêreld se armste ekonomieë bied. Amerika heroorweeg tans Suid-Afrika…

landbouza210304_article_005_02_01
1 min
het jy gehoor?

‘ ’n Wingerdstok is baie taaier as wat mense dink. Die groot hartseer nou is dat die oes waarvoor jy ’n jaar lank hard gewerk het, net eensklaps weg is.’ ME. ANNEMIE BAARD, boer van Keimoes, oor die skade wat reën aan wingerde aangerig het. Bl. 16 ‘Teen sononder lyk dit behoorlik asof hulle ’n galaaand hou soos die swerms bymekaarkom.’ MNR. CHRISTO MEYER, koördineerder van die bekamping van sprinkane op Prieska, oor die gedrag en beweging van sprinkaanswerms in die distrik. Bl. 18 ‘Niemand moedig moorde op die Kaapse Vlakte aan soos met ’n Kill the boer, kill the farmer-slagspreuk nie.’ THEO DE JAGER, voorsitter van Saai, oor die verskil tussen plaasmoorde en bendegeweld. Bl. 14 ‘Subsektore wat steeds arbeidintensief is, sal meganisasie oorweeg om arbeidskoste te bespaar en die werkure verkort van die werkers…

1 min
volgende uitgawe

ARTIKELS & RUBRIEKE Indiese boere skop vas teen nuwe wette Kies geslag vir versnelde veeteelt ’n Stamboom maak nie ’n stoetooi’ Passie vir grond en plante lei tot topmielie-opbrengs Skroot word nuttige toerusting Jagters neem plaasskool onder hul vlerk SPESIAAL Veebedryf GESIN Goed, beter, beesvleis DIERETEELT Telers sal hul eie diere se vars semen in Bloemfontein kan laat verwerk tot geslagsgebonde saad danksy ’n nuwe laboratorium wat gesamentlik deur Ramsem en Absolute Genetics opgerig is. Dit kan teelvordering drasties versnel. Hier is Bonsmaras van die stoetery Germar op die plaas Mount Lebanon in die Suid-Vrystaat.…

landbouza210304_article_006_01_01