Landbouweekblad 11 Mar 2021

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 22,40
R 840
50 Issues

in this issue

1 min
in ’n blik

OORVLOEDIG. Die verskil wat uitsonderlike reëns sedert middel Januarie aan Limpopo se damme gemaak het, is duidelik te sien uit veranderinge in die vlakke van die Tzaneendam op 2 September en 27 November teenoor 24 Februarie vanjaar. Teen druktyd was byna al Limpopo se damme tot oorlopens toe vol en vloei die water steeds in ná uitsonderlike goeie reën sedert middel Januarie. Al het die reën op plekke groot skade aangerig, het dit vir boere wat uit die Letabastelsel besproei, net betyds gekom. Teen einde 2020 was die Tzaneendam maar 10,5% en die Ebenezerdam 14,5% vol. Die Tzaneendam het op 22 Februarie begin oorloop en Ebenezer se vlak staan op 73%. Ander damme wat meer as 100% vol is, sluit die Albasinidam, De Hoopdam, Flag Boshielodam, Glen Alpinedam, Klaseriedam, Mokolodam,…

landbouza210311_article_004_01_01
2 min
dié week in die landbou

HOOP VIR REËN Die kans is goed dat dele van die droogtegeteisterde westelike dele van Suid-Afrika voor Junie minstens die langtermyngemiddelde reënval sal kry. Só sê mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, na aanleiding van neigings in vorige La Niña-jare. Daarvolgens kry beide Williston en Jansenville die meeste reën in Maart. Tydens die afgelope ses La Niña-verskynsels sedert 1974 het Williston in vyf, en Jansenville in vier, van die jare bogemiddelde reën gekry. Daar is dus nog ’n groot deel van die reënseisoen in dié gebiede oor voor die winter. Sien ook bit.ly/2ZWf6fa GRONDHOF VORDER Die kabinet het die wetsontwerp vir ’n grondhof goedgekeur vir verwerking deur die parlement. Mnr. Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, het verlede jaar gesê dié wetsontwerp sal verseker dat die hof heeltydse regters het…

2 min
syfers

8% Werkskepping in die primêre landbou was in die laaste kwartaal van 2020 op ’n jaargrondslag 8% laer, met 810 209 mense in diens. Die grootste dalings was in die Wes-Kaap met 24,5%, die Noord-Kaap met 22,2%, die Vrystaat met 18,4%, Noordwes met 16,2% en KwaZulu-Natal met 12,9%. In die Oos-Kaap het die primêre landbou in die vierde kwartaal van 2020 31,6% meer mense in diens geneem as die vorige jaar, Gauteng 11,4% meer en Mpumalanga 8,6% meer. – StatsSA R2,9 miljard Die departement van omgewingsake, bosbou en visserye het in die afgelope boekjaar (2019-’20) R2,9 miljard se onreëlmatige, ongedokumenteerde en verkwistende uitgawes aangegaan, luidens die ouditeur-generaal se verslag. Onreëlmatige uitgawes het in die 2018-’19-boekjaar R342 miljoen beloop. Luidens die OG-verslag was 87% van die onreëlmatige uitgawes binne die departement self, waar beheermaatreëls…

1 min
die ander sê

SELFS met die 15,63% verhoging in elektrisiteitstariewe wat op 1 April in werking tree, meen Eskom sy tariewe reflekteer nie naastenby sy koste nie. Daarvoor sou ’n gemiddelde tarief van 150c/kWh nodig wees, teenoor die 134c/kWh wat wel gaan geld, sê me. Hasha Tlhotlhalemaje, Eskom se hoofbestuurder vir regulering. Die styging kom neer op ’n verhoging van 29%. Eskom hoop om dié gaping oor die komende drie jaar te verklein, en mnr. Chris Yelland, energiekenner, meen Eskom sal in 2023 vir ’n verdere 15%-verhoging in die gemiddelde tarief vra. Die gedagterigting by Eskom is dat dit hom die eenmalige aanpassing kan gee wat hy nodig het, waarna stygings aan die verbruikersprysindeks gekoppel sal word. Die instelling van ’n koolstofbelasting volgende jaar en die koppeling van meer onafhanklike kragprodusente aan die netwerk, wat elektrisiteit…

landbouza210311_article_005_01_01
1 min
het jy gehoor?

‘Hierdie koste word gewoonlik na produsente afgewentel, wat ons nie kan bekostig nie.’ MNR. CORNÉ LOUW, senior ekonoom by Graan SA, oor die effek wat Leaf se inspeksiediens op die graanbedryf met sy klein marges sal hê. Bl. 16 ‘Die 8%-aksynsverhoging op wettige alkohol skep ’n geleentheid vir verdere groei in die mededingendheid van onwettige handel, want verbruikers kan nie meer wettige, belastingbetalende alkoholprodukte bekostig nie.’ MNR. KURT MOORE, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse drankhandelsmerkvereniging (Salba), oor die effek van die onverwags groot verhoging in aksyns. Bl. 20 ‘Die sektor moet groei en herbelê om op die lang termyn volhoubaar te wees. Dit is van hierdie wins wat nou afgestaan word.’ MNR. NICOL JANSEN, voorsitter van Agri Noord-Kaap, oor die gevolge van die verhoging in elektrisiteitstariewe vanaf 1 April. Bl. 18 ‘Hierdie is nie luukshede nie.’ MNR.…

landbouza210311_article_005_02_01
1 min
volgende uitgawe

ARTIKELS & RUBRIEKE Die Kalahari se wonderwerk Konvensionele mieliesaad het steeds ’n toekoms Eerste Elitekoei-finaliste: Beefmaster en Nguni Gerrit van Zyl: Verbeter jou kudde terwyl dit goed gaan Verstaan bitcoin en blokkettings SPESIAAL Wes-Kaap, Wiele, Wintergraan GESIN Boerekos: Brandrissies vir byt! KURUMANRIVIER ’n Mens sou dink Kalahari-kinders is skrikkerig vir so baie water, maar me. Illette en mnr. Juan Brown se seuns, Lehan (voor) en Albert, het baljaar toe die Kurumanrivier teen hul plaas, Springputs, afkom. Die rivier het vanjaar vir die eerste keer in dekades gevloei. Mense het die kans aangegryp om die “wonderwerk” te geniet…

landbouza210311_article_006_01_01