Landbouweekblad 18 Mar 2021

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 22,40
R 840
50 Issues

in this issue

2 min
syfers

5,8% Slegs 5,8% van die Suid-Afrikaanse bevolking is verantwoordelik vir ongeveer 92% van alle persoonlike inkomstebelasting, volgens dr. Azar Jammine, hoofekonoom en direkteur van Econometrix. Hy het op ’n webinaar oor die 2021-begroting gesê hulle betaal waarskynlik ook bykans 85% van alle BTW. Suid-Afrika het byna 7 miljoen belastingbetalers uit ’n bevolking van 60 miljoen. Die regering steun swaar op belastingbetalers uit die hoërinkomstegroep om sy bestedingsprogramme te finansier. – Moneyweb 648 Die 648 trekkers wat in Februarie vanjaar verkoop is, is aansienlik meer as die 505 eenhede wat verlede Februarie verkoop is. Trekkerverkope vir die jaar tot dusver is 28% meer as verlede jaar. In Februarie is 14 stropers verkoop, 4 minder as die 18 wat verlede Februarie verkoop is. Goeie oeste en kommoditeitspryse, en gunstige reënval in die meeste gebiede dra…

3 min
dié week in die landbou

SOETE INKOMSTE Hierdie vroue, van links, mee. Queen Mthimkhulu, Halalisile Mahaye, Cebile Ngema, Gugu Khoza en Mathonqo Khoza, is van die gemeenskapslede wat ’n inkomste verdien uit suikerrietprojekte in die gebiede rondom vier van Tongaat Hulett se suikermeulens in KwaZulu-Natal. Dit vorm deel van ’n groter projek om volhoubare landelike ontwikkeling te versnel, werk te skep en kleinskaalse suikerrietboere te help om op kommersiële skaal te produseer. Dié kleinboere, meestal vroue, is deel van 25 koöperatiewe verenigings wat ondersteun word deur Tongaat Hulett, die regering, gemeenskapsleiers en die Jobs Fund. Hulle het altesaam 280 400 ton suikerriet in die 2020-’21-seisoen gelewer en in Desember R16 miljoen met hul suiker verdien. MINDER BEKOSTIGBAAR Suid-Afrika is tans 69ste uit 113 lande op die wêreldvoedselindeks van die invloedryke Economist Intelligence Unit (EIU) vir 2020. Dié indeks…

landbouza210318_article_004_01_01
1 min
in ’n blik

AMPER DOLLEEG. Oos-Kaapse boere staar ’n ongeëwenaarde krisis in die gesig met die Kougadam wat moontlik die eerste keer ooit gaan opdroog. Volgens die Gamtoos-besproeiingsraad wat dié dam se waterverspreiding bestuur, was die dam om 07:00 op 5 Maart slegs 6,37% vol. Die raad het gewaarsku as die damvlak 3% bereik, hy nie voldoende water aan gebruikers sal kan lewer nie. Weens die kwynende waterreserwes kon die 132 landbouwatergebruikers slegs 20% van hul 2020-’21-waterkwota onttrek. Van dié boere het reeds hul kwotas opgebruik. “Hierdie situasie bedreig die sitrusoeste en weiding van boere wat nie toegang het tot alternatiewe waterbronne, soos boorgate, nie,” sê me. Rienette Colesky, uitvoerende hoof van die raad. Mnr. Tertius Meyer, ’n bees-en-sitrusboer in die Gamtoosriviervallei en voorsitter van die raad, sê sommige boere help hul bure…

landbouza210318_article_005_01_01
1 min
die ander sê

DIE oorgebruik van substandaard-handreinigers in die Covid-19-era kan lei tot die ontwikkeling van bakteriese weerstandigheid teen ontsmettingsmiddels. Prof. Robert Bragg en me. Charlotte Boucher van Jaarsveld van die Universiteit van die Vrystaat (UV) skryf dat ’n span van die veeartsenykundige biotegnologienavorsingsgroep aan die UV besig is met ’n studie van die meganismes wat weerstandigheid teen ontsmettingsmiddels veroorsaak. Tot dusver dui die bevindings daarop dat baie van die meganismes wat bakterieë vir immuniteit teen antibiotika gebruik, ook gebruik word om weerstand teen ontsmettingsmiddels op te bou. Die ontdekking van hoogs weerstandige stamme van bakterieë is kommerwekkend, want die gebruik van ontsmettingsmiddels is die laaste linie in die stryd teen antibiotikaweerstandigheid. Wanneer die studie afgehandel is, behoort die groep ’n goeie begrip te hê van al die gene betrokke in die weerstandigheid van…

landbouza210318_article_005_02_01
1 min
het jy gehoor?

‘Ons ondergrawe onsself en die geloofwaardigheid van die mark.’ PROF. JOHAN WILLEMSE oor die debatte in die graanmark. Bl. 15 ‘Ongelukkig het die boere só min vertroue in die polisie dat hulle dikwels nie veediefstal by die polisie aanmeld nie.’ ME. ANNETTE STEYN, DA-LP, oor boere se frustrasies met die polisie. Bl. 19 ‘Dit is moeilik om te besef dat daar nog geen uitkoms vir daardie dele was nie . . . sewe jaar droogte wat nou na jaar agt oorloop.’ ME. ELRIA STEINBERG van Boks Voer Vir ’n Boer, oor droogtenood in dele van die Noord-Kaap. Bl. 16 ‘Ek is al 40 jaar in die bedryf en het nog nie so iets beleef nie.’ MNR. PIERRE VAN DER VYVER van House of Fibre oor rekordpryse op ’n sybokhaarveiling. Bl. 17 ‘En terloops, wit boere is ook Afrikane,…

3 min
ingesteldheid

Wanneer die eer ’n mens te beurt val om ’n boerevereniging te gaan toespreek, is dit altyd ook lekker om dan by vriende in die omgewing te kuier. Só gebeur dit toe dat ek en twee Vrystaatse boerepelle onlangs op ’n Saterdagoggend op pad is na die viswaters toe. Ons sleep ’n boot, daar is ’n emmer vol krappe, ’n jogurtbakkie wat wemel van erdwurms, en ’n boks kunsaas vir ingeval. Met die eerste oogopslag lyk dit asof iemand die 60 km teerpad van die plaas af rivier toe probeer herstel en moet ons ver ente op die gruis langs die pad ry. My vriende sê egter die kontrakteur het blykbaar lankal spoorloos verdwyn. Dit is die ou storie en die gesprek wil-wil in die verkeerde rigting neig. Toe ons die soveelste…

landbouza210318_article_006_01_01