Landbouweekblad 25 Mar 2021

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 22,40
R 840
50 Issues

in this issue

3 min
dié week in die landbou

DIE VYFDE SE VYFLING Meerlinge by dosyne word vanjaar verwag in die skaapkudde van mnr. Hoffie van Blerk van die plaas Welgegund buite Malmesbury in die Wes-Kaap. Hy het op Vrydag 5 Maart die eerste van dié meerlinge, ’n vyfling, verwelkom. Hy het verlede jaar ook ’n vyfling op die plaas gehad, maar al vyf lammers het nie oorleef nie. Vanjaar se vyfling lewe almal nog en word tot dusver self deur die ooi versorg. Sy het deur natuurlike dekking dragtig geraak. Van Blerk verwag dat 16 drielinge en 2 vierlinge vanjaar gebore sal word. “Omtrent 70% van my kudde wat ek geskandeer het, is dragtig met meerlinge.” POND VLEIS Die geskorste uitvoerende hoof van die hoenderonderneming Daybreak Farms, mnr. Boas Seruwe, is ’n boete van R3,5 miljoen deur die Land Bank opgelê…

landbouza210325_article_004_01_01
1 min
syfers

5% Drankies met geen alkohol of ’n lae alkoholinhoud maak nou 5% van die drankgroep Distell se totale omset uit. Volgens mnr. Richard Rushton, uitvoerende hoof van Distell, verteenwoordig dit ’n “permanente neiging in verbruikersgedrag”. Hy het op ’n voorlegging aan beleggers gesê die verkope van die groep se Savanna-sider, die toppresteerder in dié segment, het hul aanvanklike verwagtinge oorskry. Dit blyk ook dat die gewildheid van nie-alkoholiese drankies toeneem. – Financial Mail 1,13 miljard ton Die verwagte internasionale mielieproduksie vanjaar is 1,13 miljard ton, sê dr. Justin Choe, graanontleder van die Amerikaanse departement van landbou. Twintig jaar gelede was wêreld-mielieproduksie nog minder as 600 miljoen ton. Amerika se oesskatting vanjaar is 360 miljoen ton. Vir Suid-Afrika is dit tans 16,5 miljoen ton vir die bemarkingsjaar wat in Mei begin. Die benutting van…

1 min
in ’n blik

AANSTAP, BEEFMASTERS. Vir mnr. Tabbie du Plessis, wie se familie ’n gemengde boerdery met meestal Beefmasterstoetbeeste en kommersiële beeste, Vleismerino’s en mielies, soja en suikerbone bedryf op die plaas Stirling by Bethlehem in die Vrystaat, is die veld op hul plaas die mooiste wat hy nóg gesien het. Hy sê hulle het sedert Oktober 2020 meer as 750 mm reën gehad, teenoor 560 mm wat van Oktober 2019 tot Mei 2020 op die plaas geval het. “ ’n Mens hardloop lekker rond om al die gewasse mooi skoon te kry, aangesien onkruid baie vinniger groei as mielie- of sojaboonplante. Die skape en beeste is baie gelukkig en die vroeë mielies is besonder mooi, dus is ek opgewonde. Die damme is ook vir die eerste keer in sewe jaar vol, wat…

landbouza210325_article_005_01_01
1 min
die ander sê

VEEDIEWE in die Oos-Kaap verdien R15 000 tot R30 000 per maand deur vee in die provinsie vir ’n nasionale sindikaat te steel. Dié vergoeding is belastingvry en van hul base verdien tot R200 000 per maand. Volgens ’n anonieme veedief doen hy dié gevaarlike werk omdat daar nie ander werkgeleenthede vir jeugdiges in Suid-Afrika is nie. Hy kan deur veediefstal sy gesin onderhou en sy kinders na top-Oos-Kaapse skole stuur. Hy is al meermale in hegtenis geneem, maar word telkens vrygelaat weens ’n gebrek aan bewyse. Die gesteelde vee word deur slaghuise en abattoirs by sy werkgewers, wat meestal anoniem is, bestel. Daar is ook boere wat teelmateriaal deur hulle bekom. Gesteelde skape, wat tot R2 500 werd kan wees, word vir slegs R200 op die swart mark verkoop, of sindikate verkoop…

landbouza210325_article_005_02_01
1 min
het jy gehoor?

MNR. FRANCOIS WILKEN, president van Vrystaat Landbou (VL), oor die swak toestand van paaie in die provinsie. Bl. 14 ‘Ek wil dit benadruk: In absolute syfers is die styging maar R3/uur.’ MNR. THULAS NXESI, minister van indiensneming en arbeid, oor die minimum loon van plaaswerkers wat van 1 Maart gelyk is aan die nasionale minimum loon. Bl. 15 ‘Daar is drie stigmas per blom, wat beteken 450 000 (gedroogde) stigmas is nodig vir 1 kg saffraan.’ MNR. BENNIE ENGELBRECHT, stigter en ’n direkteur van Saffricon, wat saffraanknolle verskaf het aan die eerste sowat 100 Suid-Afrikaanse boere wat dié spesery nou geplant het. Bl. 19 ‘Totdat groot funksies en troues hervat word, gaan die blombedryf nie normaliseer nie.’ MNR. ANDRÉ DE WIT, besturende direkteur van die nasionale blommemark Multiflora. Bl. 24 ‘Ons gaan ’n manier moet kry om…

3 min
benadering maak saak

Die nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) se sesde agtereenvolgende nederlaag in die howe is allesbehalwe goeie nuus. Die appèlhof in Bloemfontein het die NDBV se aansoek om appèl van die hand gewys nadat die NDBV se aansoek om ’n interdik te behou wat die uitvoermaatskappy Al Mawashi sou dwing om die uitvoer van diere stop te sit, vroeër deur die hooggeregshof in Makhanda opgehef is. Die NDBV se onverbiddelike benadering jeens die uitvoer van lewende hawe raak ál duideliker. Hy sal met niks minder as ’n algehele verbod op uitvoer tevrede wees nie. Dit is ’n betreurenswaardige houding omdat almal wat by die uitvoer van lewende hawe betrokke is, dierewelstand inderdaad as ’n voorrangsaak beskou. Almal is dit eens: As diere swak behandel word, sit die uitvoer stop. Die NDBV is ook al…

landbouza210325_article_006_01_01