Landbouweekblad 01 Apr 2021

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 22,40
R 840
50 Issues

in this issue

3 min
dié week in die landbou

KAMPIOEN VAN KAMPIOENE ’n Anguskoei van Uruguay, Zerca AA AYE 9 Black Jack Bionica, is as die wêreld se opperste kampioenbees aangewys in ’n kompetisie waarin vyf Suid-Afrikaanse beeste ook in die pylvak was. Die koei sal in die komende lente vyf jaar oud wees en het reeds drie keer gekalf. Sy behoort aan mnr. Pablo Zerbino Vanrell van Tacuarembo. Die kompetisie word jaarliks deur mnr. PJ Budler, ’n oud-Suid-Afrikaner wat in Texas woon, aangebied. Die beoordeling word volgens foto’s gedoen. Deelnemers neem eers in vier streke deel, naamlik Afrika/Asië (Australië en Nieu-Seeland ingesluit), Suid-Amerika, Noord-Amerika (plus Kanada) en Europa. Die streekwenners dring deur na die wêreldkampioenskappe, waar die kampioen gekroon word. FOTO: ALE ALVAREZ STUIT HOË PRYSE! Die Mededingingskommissie en Pick n Pay het op 10 Maart ’n ooreenkoms onderteken waarvolgens die…

landbouza210401_article_004_01_01
2 min
syfers

48,9 miljoen Die Voedsel-en-landbou-organisasie (VLO) van die VN beoog om meer as 48,9 miljoen mense wat op die landbou vir oorlewing staatmaak, te help om kosproduksie en voeding te verbeter. Die VLO wil ook ondersteuning bied met dié gemeenskappe se herstelvermoë ná rampe. Na verwagting sal die mense wat in 2020 erge voedseltekorte beleef het, meer wees as die 135 miljoen mense in 2019. Vier uit vyf mense wat akuut honger ly, woon in landelike gebiede en maak staat op die landbou vir oorlewing. – VLO 25% Diepsee-invoer van suiker het sedert April 2020 met 25% gedaal, sê mnr. Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, oor vordering met die suikermeesterplan. Die nywerheid- en handelsektor het as deel van die meesterplan ooreengekom om vir die volgende drie jaar 80% van hul suiker…

1 min
in ’n blik

HOU KOERS! Op die plaas Mooipan tussen Ventersburg en Kroonstad is ’n span osse wat elke dag getrou met hul ossewa aanstap en in die aand “uitgespan” word. Altans, só vertel mnr. Tallie Wilken van die osse wat op sy waenhuismuur geverf is. Toe Chris Burgess in sy redakteursbrief in Landbouweekblad (18 Februarie 2021) verwys na die simboliek wat ossewaens vir Suid-Afrikaners inhou, het dit Wilken geïnspireer om ’n foto van sy span Uys-osse in te stuur. Ook op die foto is sy kleindogter Ané Fourie (6). Die verfwerk is gedoen deur die buitelyne van ’n foto op ’n transparant-vel te trek. Wilken het in die aand die transparant opgestel met ’n flitslig wat van agter die prent op die sinkmuur skyn, en die buitelyne afgetrek. Die volgende dag het…

landbouza210401_article_005_01_01
1 min
die ander sê

EEN van die redes vir die gebrek aan staatsfinansiering vir die landbou is die feit dat die Land Bank al die afgelope 18 maande nie funksioneer nie, skryf mnr. Noko Masipa, DA-lid van die parlementêre komitee oor landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling. Pres. Cyril Ramaphosa het onlangs in sy nuusbrief gesê verskeie staatsdepartemente het kleinsakeondernemings met lenings en toelae gehelp om die grendeltydperk te oorleef. In werklikheid het baie ondernemings egter nie hulp ontvang nie, en veral die landbou is afgeskeep. Die Land Bank het ’n skrale R100 miljoen ontvang om boere by te staan. Hoewel boere sukkel met kontantvloei, is hierdie finansiering steeds nie uitgeput nie. Boere was ook uitgesluit van die regering se gewaarborgde lenings van R200 miljard om ondernemings te help. Masipa skryf dat die departement van landbou geen…

landbouza210401_article_005_02_01
1 min
het jy gehoor?

‘Die hele voedselketting word gekortwiek as paaie nie rybaar is nie.’ MNR. DAWIE BOTHA, afgetrede siviele ingenieur, oor die swak instandhouding van paaie. Bl. 16 ‘Vir die eerste keer in baie jare het toestande gunstig begin raak vir reën oor die droogtegeteisterde gebiede van die Noord-, Wes- en Oos-Kaap.’ MNR. JOHAN VAN DEN BERG, onafhanklike landbouweerkundige, oor die verligting wat in dié gebiede verwag kan word. Bl. 17 ‘Hierdie is net weer ’n ding wat op ons afgedwing word. Hoeveel dinge word daar nie op die landbou afgedwing nie?’ ’N BOER van Brits oor die staat se inspeksiediens by varsproduktemarkte. Bl. 24 ‘Wat ons nodig het, is ’n wet van algemene toepassing wat sal verseker dat enige onteiening in ooreenstemming met die Grondwet van 1996 is.’ ME. PATRICIA DE LILLE, minister van openbare werke en infrastruktuur, oor…

3 min
redakteursbrief

ANDERKANT DIE REËNBOOG DIE SLEGTE EN DIE GOEIE NUUS Die landbou het baie om te vier. Die Suider-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging het laat weet ’n rekord-uitvoerjaar wink, en dit sal die derde agtereenvolgende jaar wees van rekorduitvoer. Vanjaar se beraamde 158,7 miljoen kartonhouers sal groei van ’n allemintige 22% in uitvoer wees in net twee jaar. In die beesvleisbedryf word gepraat van nog vyf jaar se stewige pryse, namate kuddes stelselmatig herbou word en beesvleisuitvoer weer begin kop optel. Daar is ook sprake dat die mieliepryse nog ’n wyle kan hou. Suid-Afrika het ook uiteindelik uitvoerprotokolle met China in werking gestel, waar die vraag na mielies beduidend toeneem namate dié land sy biobrandstofbedryf met ’n derde uitbou en varkkuddes flink herbou word ná die verwoesting van varkpes daar. In Suid-Afrika is daar ook ’n toename in die…

landbouza210401_article_006_01_02