Landbouweekblad 08 Apr 2021

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 22,40
R 840
50 Issues

in this issue

3 min
dié week in die landbou

PAMPOENKOEKIES VIR WÉKE ’n Pampoen genaamd Johanna, wat ’n allemintigte 790 kg weeg, het mnr. Wykus Lamprecht van Meyerton in Gauteng op Saterdag 20 Maart die louere besorg in die Goliat van Gat-pampoenkompetisie in Silverton, Pretoria. Dit is ’n rekord vir dié kompetisie en maak dit ook die grootste pampoen nóg wat noord van die Oranjerivier gekweek is. Die pampoenpit waaruit Johanna gekweek is, is verlede jaar op 5 Oktober geplant. Lamprecht sê dit het baie geduld en moeite geverg om die plant te versorg. “Daar is daagliks daarna omgesien om oorbevolkte ranke en siektes te voorkom. Verdere maatreëls het ’n gazebo teen die weer en waaiers om die stingel droog te hou, ingesluit. Vogtigheid kan veroorsaak dat die pampoen slegte plekkies kry, wat tot verrotting sal lei.” REËNPOUSE Herstelwerk waarmee die Vrystaatse…

landbouza210408_article_004_01_01
1 min
syfers

40% Produksie deur swart sitrusprodusente het in die 2019-’20-seisoen met 40% gestyg. Die Sitruskwekersvereniging het bekend gemaak talle plase en swart produsente het hul produksie in slegs een jaar met 40 000 kartonhouers vermeerder. Een swart boer het sy produksie met 99 000 kartonhouers verhoog. Volgens die oesrekords het swart sitrusprodusente 55% meer aan plaaslike markte gelewer as in 2019. Hulle het 400 000 kartonhouers vrugte aan plaaslike supermarkte gelewer. – Fresh Plaza 90 miljoen Die getal mense in die middel- en hoërmiddelklas het in 2020 na raming wêreldwyd met 90 miljoen tot 2,5 miljard gedaal. Dit is die eerste keer sedert die 1990’s dat die middelklas krimp. Volgens skattings gegrond op Wêreldbank-data het byna twee derdes van huishoudings in ontwikkelende ekonomieë ’n inkomsteverlies weens Covid-19 ervaar. Dié daling het die mense wat…

1 min
die ander sê

GOEDKOOP ingevoerde hoendervleis uit Europa is nie ’n liefdesdaad nie, dit is oorlog teen Suid-Afrikaanse produsente, skryf Mike Schüssler, ekonoom by economists.co.za. Met die Europese Unie (EU) wat deur sy algemene landboubeleid miljarde in subsidies aan boere gee, word die reëls van vraag en aanbod geïgnoreer. Die surplusvoorraad word vernietig of in ontwikkelende lande gestort. Die prys van hoendervleis in Europa is oor die algemeen duurder per kilogram as in Suid-Afrika. Die jongste gemiddelde prys vir hoendervleis in Suid-Afrika is R23,50/kg, en in die EU was die gemiddelde randprys R35/kg (wat wissel van R20,70/kg in Pole tot R54,80/kg in Duitsland). Vervoerkoste moet in berekening gebring word. Die verskepingskoste van Rotterdam na Durban alleenlik is R1,61/kg. Dit sluit oorlandvervoer, doeaneregte en gesondheidsinspeksies en -sertifikate uit. Die laagste prys vir ’n bevrore hoender met…

landbouza210408_article_005_02_01
1 min
het jy gehoor?

‘Die tyd van lukrake kunsmistoediening is verby en boere, veral graanboere, behoort presisieboerdery toe te pas. Tegnieke soos minimum bewerking speel ook ’n belangrike rol.’ MNR. DAWIE MAREE, hoof van inligting en bemarking by FNB-landbou, oor hoe graanboere drasties hoër insetkoste kan trotseer. Bl. 14 ‘Ons vind dit vreemd dat die minister se kantoor sedert die einde van 2019 versuim om die interne appèl te verwerk, maar wel Rhino Oil se aansoek om omgewingsmagtiging afgehandel het.’ ME. CLARISSA PIENAAR, regsverteenwoordiger van boere wat gekant is teen Rhino Oil se eksplorasie-aansoek, oor hoe mnr. Gwede Mantashe, minister van mineralehulpbronne en energie, die saak benader. Bl. 17 ‘Die vraag na ons produkte op oorsese markte is ’n wonderlike getuigskrif van die gehalte van Suid-Afrikaanse sitrus.’ MNR. JUSTIN CHADWICK, uitvoerende hoof van die Suider-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging, oor belangstelling in…

3 min
redakteursbrief

ANDERKANT DIE REËNBOOG SÓ DRAAI DIE WIEL Net meer as 100 jaar gelede is die eerste uitgawe van Landbouweekblad gedruk. Die doel van die nuwe tydskrif was om aan Afrikaner-bestaansboere ’n tegniese handleiding in hul eie taal te gee. Die praktiese landboukennis moes help om boerefamilies se erge verarming tydens die Anglo-Boereoorlog teen te werk. Dit was ’n groot sukses en uit die wanhoop, swaarkry en armlastigheid van destyds se bêkvelders het die kommersiële landboubedryf van wêreldgehalte mettertyd verrys waarmee Suid-Afrika vandag geseënd is. Ons probeer nou weer om ’n beskeie bydrae te lewer wat die vestiging van ’n nuwe geslag boere betref. Deur middel van ons African Farming-tydskrif (wat saam met dié uitgawe van Landbouweekblad verskyn), ’n TV-program met dieselfde naam, ’n webwerf en verskeie sosialemediaplatforms, vertel ons die suksesverhale van ’n…

landbouza210408_article_006_01_02
11 min
briewe

BEPERKENDE REGULASIES KNIEHALTER NOG LANDBOUBEDRYF Suid-Afrika se ekonomiese herstel berus in ’n groot mate op die skep van ’n meer bemagtigende sake-omgewing en om die regte strukturele ekonomiese hervorming in te stel. Suid-Afrika moet voorkeur gee aan dié hervormings wat op kort en lang termyn resultate lewer. Die neiging van die regerende party om na ideologiese denke terug te keer, moet opsy geskuif word ten einde die ekonomie te red. Die landboubedryf was een van die helde van 2020. Terwyl die meeste bedrywe in die eerste nege maande van verlede jaar gekrimp het, het die landbou met 11% gegroei. Landbou-uitvoer het verlede jaar $10,2 miljard beloop — ’n toename van 3% vergeleke met 2019. As die bedryf egter ’n rol wil bly speel in die ekonomiese herstel van Suid-Afrika, waaronder die vermindering van…

landbouza210408_article_008_01_01