Landbouweekblad 29 Apr 2021

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 22,40
R 840
50 Issues

in this issue

3 min
dié week in die landbou

FRANSE INSPIRASIE ’n Toer van die Franse wynroetes meer as ’n halfeeu gelede het die idee vir ’n soortgelyke plaaslike toerisme-ervaring laat ontstaan. Mnre. Frans Malan (heel links) en Neil Joubert (naasregs), hier saam met ongeïdentifiseerde Franse, se reis deur Frankryk was die inspirasie vir die Stellenbosch-Wynroete, wat vanjaar sy 50ste bestaansjaar vier. Malan, van Simonsig, en Joubert, van Spier, het saam met mnr. Spatz Sperling van Delheim die status quo waar druiwe aan koöperasies gelewer is om die finale produk te maak, verander. Ander boere het gou by die drie stigterslede aangesluit. Tans het die roete vyf subroetes, wat uiteenlopende wyntoerisme-ervarings bied. Die roete het ook 120 wynen druifprodusente-lede wat binne die Stellenbosch Wyn van Oorsprong-klassifikasie val. SKAAP-SKANDAAL Animals Australia, die diereregteorganisasie agter ’n wêreldwye veldtog teen die vervoer van lewende hawe,…

landbouza210429_article_004_01_01
1 min
syfers

227 Daar is 227 senior bestuurders in die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling wat nie die nodige kwalifikasies vir hul poste het nie, en in die polisiediens is daar 228. Dit maak dit die twee departemente met die meeste senior bestuurders sonder die geskikte dokumente. Mnr. Senzo Mchunu, minister van staatsdiens en administrasie, het bevestig sowat 35% van senior bestuurders in nasionale en provinsiale departemente is nie voldoende gekwalifiseerd nie. – Joylene van Wyk 17,3% ’n Tarief van 17,3% geld in Afrika op Suid-Afrikaanse appels, maar dit gaan danksy die Afrika-vryhandelsooreenkoms na verwagting teen 2030 tot 0% verlaag word. Sowat 40% van Suid-Afrika se appeluitvoer gaan na Afrika. Die gemiddelde tarief van 19% wat Suid-Afrikaanse mededingers van lande buite Afrika, soos China, Chili, Italië en Amerika, betaal, gaan na verwagting onveranderd…

1 min
in ’n blik

LEERGIERIG. Die eerste Fendt Ideal-stroper wat deur ’n kommersiële boerdery in Afrika gekoop is, is op die plaas van sy nuwe eienaar, mnr.BP Greyling van Langfontein-boerdery, Wakkerstroom, bekend gestel. Die stroper is in die masjineriemaatskappy Agco se fabriek in Italië vervaardig en van daar na Suid-Afrika verskeep. Dit word as ’n sogenoemde slim werktuig bestempel wat oor algoritmes beskik wat die werktuig in staat stel om te “leer” en sekere aksies vanself by toestande aan te pas, soos grondspoed en oestempo. Dit stroop baie skoon en min sade beland op die grond, terwyl kameras die operateur in staat stel om reg rondom die stroper te sien. Greyling het van die stroper te hore gekom nadat ’n evaluasiemodel in 2020 in Suid-Afrika getoets is. Hy het die Fendt Ideal 8 verkies…

landbouza210429_article_005_01_01
1 min
die ander sê

POLITIEKE retoriek om grondhervorming te versnel, gaan nie gepaard met aksie nie, sê adv. Tembeka Ngcukaitobi, skrywer van die boek Land Matters: SA’s Failed Land Reforms And The Road Ahead. Inteendeel, die administrasie van die restitusie- en herverdelingsprogramme is al die afgelope dekade op ’n afdraande pad. ’n Jaar gelede het die begroting vir grondherverdeling R1,2 miljard beloop, maar dit is verlede jaar met R300 miljoen besnoei. Daar was ook nie ’n beduidende verhoging in die begroting vir restitusie nie. Dit is steeds R2 miljard en is onder die beheer van die kommissie vir die herstel van grondregte, wat dit met bedryfsbehoeftes moet balanseer. Verder is die vooruitgang in die oplossing en skikking van huurarbeidersake traag, met die hofaangestelde spesiale meester wat blootgestel is aan burokratiese rompslomp en beperkte geld. Bevindings deur…

landbouza210429_article_005_02_01
1 min
het jy gehoor?

‘Ons is geneig om mekaar op te warm in groepsverband en dan word ons opgesweep deur die emosie van ’n groep wat ’n individu of ander groep as bedreiging ervaar.’ DR. JOHAN BURGER van die Instituut vir Sekerheidstudies oor die konflik op ’n plaas in Mpumalanga waarin twee optoggangers doodgeskiet is. Bl. 14 ‘Net omdat die Europese Unie die produk verbied het, beteken dit nie ons mag dit nie gebruik nie. Sitrusboere sal egter moet lig loop met uitvoervrugte.’ DR. GERHARD VERDOORN, bedryfshoof van CropLife, oor die EU-verbod op Mancozeb. Bl. 20 ‘My persoonlike raad is dat burgerlikes nie iemand moet probeer aankeer nie omdat dit wetlik problematies is.’ MNR. MARTIN HOOD, prokureur, oor die moets en moenies vir boere in ’n noodsituasie. Bl. 21 ‘Verlede seisoen het honderde tonne avokado’s eenvoudig van die bome afgeval…

3 min
redakteursbrief

ANDERKANT DIE REËNBOOG WIE IS IN BEHEER? Uitgelewer. Dít is die woord waarna ek soek terwyl ek dié brief nou vir die vyfde keer van voor af begin. Hoe anders kan ’n mens die onverkwiklike situasie beskryf wat onlangs op Piet Retief in Mpumalanga afgespeel het? Niemand, buiten diegene wat daar was, weet wat werklik gebeur het nie. Wat dit nog moeiliker maak om agter die kap van die byl te kom, is dat net mense aan die een kant van die saak tans praat. Dié aan die ander kant is in die tronk en praat nie, blykbaar op aanbeveling van hul regsverteenwoordigers. Die storie, volgens dagblaaie en naweekkoerante, is dat ’n boer en sy werkers op ’n dag besig was om sojabone op die plaas te sif, toe ’n groep mans opdaag en blykbaar…

landbouza210429_article_006_01_02