Landbouweekblad 06 May 2021

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 22,40
R 840
50 Issues

in this issue

3 min
dié week in die landbou

EER AAN APPELSPEURDERS Tru-Cape se vrugtemeesters, mnre. Buks Nel en Henk Griessel, wat ook destyds die Witte Wijnappels in Nederland nagespoor het, is die derde ontvangers van Hortgro se gesogte 1662-bedryfs-toekenning. Die toekenning gedenk die oes van die eerste appels in Suid-Afrika op 17 April 1662, twee Witte Wijnappels wat in die Kaapse Kompanjiestuine gepluk is en wat beskou word as die geboorte van die plaaslike vrugtebedryf. Sedert 2019 gedenk Hortgro dié dag met ’n spesiale toekenning aan iemand wat ’n groot bydrae tot die bedryf gelewer het. Nel en Griessel het die oorspronklike Witte Wijnappel-plantmateriaal in Nederland opgespoor. Dit is in 2019 op drie plekke in die Wes-Kaap geplant danksy ’n gesamentlike poging deur Tru-Cape en Hortgro. Nel het onder meer die appelkultivars Bigbucks, Fuji Royal en Shortie ontdek. Lees…

landbouza210506_article_004_01_01
1 min
syfers

9 600 ton Altesame 9 600 ton hoenderstukke aan die been is in Februarie vanjaar ingevoer. Dit is 65,2% meer as in Januarie, maar Januarie se 5 812 ton was 45,8% minder as in Desember 2020. Die invoerhoogtepunt van dié snit was in September verlede jaar, toe 18 262 ton ingevoer is. Die altesame 36 532 ton hoender wat in totaal in Februarie vanjaar ingevoer is, was 22,2% meer as in Januarie, maar 20,3% minder as in Februarie 2020. – @SmallTalkDaily Research 3 JAAR Dit sal na verwagting drie jaar duur om die sanitasie-infrastruktuur wat aanleiding gegee het tot erge besoedeling van die Vaalrivier, reg te stel. Só het me. Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, onderneem tydens ’n voorlegging oor die regering se plan om ingevolge artikel 63 van…

1 min
in ’n blik

BOONTJIETYD. Grondboontjieboere in die weste van Noordwes was teen druktyd gewikkel in ’n resies teen tyd om hul grondboontjies uit die grond te kry en die uitloop van pitte te voorkom. Mnr. Lourens de Kock, ’n grondboontjieprodusent van die omgewing, sê die volwassenheid van grondboontjieplante se drag peule is vanjaar baie egalig danksy deurlopende reënval gedurende die seisoen. “Die vog in die grond tans, vanweë die reën in Maart, hou die risiko in dat indien tekens van uitlooppitte waargeneem word, dit die volgende fase van die grootste deel van die drag gaan wees. Dit beïnvloed die gehalte van die oes, veral die grootte van pitte, en ook die doeltreffendheid van die oesproses,” sê hy. Weersomstandighede speel ’n groot rol in bepaling van die oesdatum vir grondboontjies. Talle boere van die…

landbouza210506_article_005_01_01
1 min
die ander sê

IN Suid-Afrika moes die pluimveebedryf met die uitbreking van hoogs aansteeklike voëlgriep in 2017 die meeste van die koste self dra. Die regering se beursie is nie so dik soos dié van Eerstewêreldlande nie, wat daartoe lei dat daar minder geld beskikbaar is vir vergoeding van boerderyverliese. In Amerika is daar met die uitbreking van hoogs aansteeklike voëlgriep in 2015 na berig word 7,5 miljoen kalkoene en 42,1 miljoen hoenders van kant gemaak, teen ’n staatsonkoste van $879 miljoen (meer as R13,4 miljard). Hiervan is rofweg $610 miljoen (meer as R9,3 miljard) toegeken vir vankantmaking, skoonmaak en ontsmetting en $200 miljoen (meer as R3 miljard) vir vergoeding teen 100% van die billike markwaarde van die voëls. Die oorblywende geld is aan reiskoste, oortydbetaling, voorraad en ander beplanningskoste bestee. Mnr. Izaak Breitenbach, hoofbestuurder…

landbouza210506_article_005_02_01
1 min
het jy gehoor?

‘Dit is tyd dat die minister haarself en haar departement verantwoordelik hou vir hul mislukkings.’ ME. ANNETTE STEYN, DA-LP, oor bedrog met koopbewyse wat vir Covid-19-hulp aan boere bedoel was, en toe deur bedrieërs onderskep is. Bl. 20 ‘Ons gaan as bedryf die prys van die produk afdruk as ons te lank wag en binne ’n kort tydperk alles probeer bemark.’ MNR. RECHTUS STEYN, bemarkingspesialis van GWK, oor die tydsberekening van pekanneutbemarking. Bl. 24 ‘Meer uitvoer is ’n belangrike deel van ons strategie vir ekonomiese groei en herstel, maar om dié doelwit te bereik, moet ons ’n hawe van wêreldgehalte in Kaapstad hê.’ MNR. DAVID MAYNIER, Wes-Kaapse minister van finansies en ekonomiese geleenthede, oor pres. Cyril Ramaphosa se skrywe oor beoogde verbeterings by Durbanhawe. Bl. 17 ‘Ons is bekommerd dat hulle in die volgende seisoen na…

3 min
redakteursbrief

ANDERKANT DIE REËNBOOG SAAMSTAAN Dit bly ’n groot seën dat dit taamlik goed gaan met die landbou. ’n Bietjie reën, goeie oeste en skaflike landboupryse het vanjaar die meeste van ons se grootste verwagtinge oortref. Ongelukkig sit die landbou met ’n paar donker kolle. Op sommige plekke verdiep die droogte. Ek het vroeër vanjaar deur Bedford in die Oos-Kaap gery en was geskok deur die verskroeide landskap. ’n Paar honderd kilometer vroeër was daar nog wuiwende groen grasvelde. Verder is daar die onuithoudbare frustrasie met die gesukkel om probleme op te los wat die landbou se volgehoue winsgewendheid bedreig. Die lys is lank. Alles van die Land Bank tot paaie, spoorlyne en ander infrastruktuur is van die dinge wat kwel. Ja, daar is bemoedigende geluide oor miljarde rande wat nou in die Durbanhawe gestort…

landbouza210506_article_006_01_02