Landbouweekblad 20 May 2021

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 22,40
R 840
50 Issues

in this issue

3 min
dié week in die landbou

NUWE TUISTE Die Royal Agricultural Society of Natal het onlangs aangekondig dat hy ’n aanbod aanvaar het om die skougrond te verkoop. The Witness berig die plan is om mettertyd die terrein in ’n ontwikkeling met gemengde gebruik te omskep, met kleinhandel-, kantoor- en residensiële eiendom. Mnr. Terry Strachan, uitvoerende hoof van die genootskap, sê die transaksie is onderhewig aan ’n omgewingsimpakstudie en ander haalbaarheidstudies wat tot drie jaar kan duur. Intussen duur bedrywighede op die huidige terrein voort. Die genootskap se bestuur het reeds begin om alternatiewe terreine buite, maar naby, Pietermaritzburg te ondersoek. SNELWEG-WEIDING ’n Aantal kleinboere in die Colchester-omgewing in die Oos-Kaap moet noodgedwonge hul beeste in die padreserwe van die N2-snelweg en op die oewer van die Sondagsrivier laat wei ná een deel van hul weivelde deur haweloses beset…

landbouza210520_article_004_01_01
1 min
5 miljoen maaltye aan behoeftiges

Die hulporganisasie SA Harvest het onlangs ’n mylpaal bereik deur meer as 5 miljoen maaltye aan behoeftige Suid-Afrikaners in Johannesburg, Kaapstad, Durban, die Vrystaat en Mpumalanga te lewer. Dié organisasie kry vars produkte wat andersins op ashope sou beland en herverpak dit as voedsame maaltye. Hy het gemiddeld 277 000 maaltye per maand versprei sedert sy bedrywighede in Oktober 2019 begin het. Mnr. Alan Browde, stigter en uitvoerende hoof van SA Harvest, sê sy organisasie het bereken sowat 10 miljoen ton kos word jaarliks in Suid-Afrika vermors. SA Harvest kry surplusse van boere, verwerkers, groothandelaars, kleinhandelaars en verbruikers. Hy volg streng higiëneprotokolle. Hier is me. Noludwe Kondlo van Good Food Solutions in Philippi, Kaapstad, een van SA Harvest se begunstigde-organisasies, by surplus-pruime wat deur Graaff Fruits geskenk is.…

1 min
syfers

20% Britse wyndrinkers het die afgelope jaar minstens 20% meer Australiese wyn gedrink ná China die Australiese wynbedryf in November ’n slag toegedien het deur invoertariewe van 116,2-218,4% op Australiese wyn in te stel. Algehele Australiese uitvoer na Brittanje het met 33% gestyg. Danksy ’n styging in Europese en Kanadese verbruik van Australiese wyn en ’n betreklik klein daling in die Amerikaanse verbruik daarvan, het Australiese wynuitvoer die afgelope jaar met net 1% gedaal tot 724 miljoen liter. – Farmonline 298 Daar was die afgelope vyf jaar 298 plaasaanvalle in die Vrystaat. In dié tyd is 143 kommersiële en opkomende boere aangeval, en 16 is vermoor. In dieselfde tydperk is 126 werkers aangeval, waarvan 14 vermoor is. Volgens ’n ontleding deur Vrystaat Landbou van voorvalle wat plaasgevind het van 1 April 2016 tot…

1 min
die ander sê

DIE Life After Coal-veldtog het ’n beroep gedoen op die regering om ambisieuser kweekhuisgasvrystellingsteikens te stel in ’n poging om Suid-Afrika se mengsel van energiebronne te diversifiseer. Dit is in geskrewe kommentaar op die regering se vrywillige onderneming oor nasionale kweekhuisgasvrystellings ingevolge die Parys-klimaat-akkoord. As Afrika se grootste besoedelaar en geïndustrialiseerdste land het Suid-Afrika ’n belangrike verpligting om sy pogings te versnel om die vrystelling van sulke gasse te keer, ten einde sy wetlike verpligtinge ingevolge die Grondwet, asook internasionale reg na te kom. In ’n bywerking van die 2015-onderneming probeer die regering om sulke vrystellings te verminder. Tog is die vrystellingsteikens vir 2021 tot 2030 konserwatief en onambisieus. Veel groter vrystellingsverminderings sal dus ná 2030 nodig wees. Dit is ondanks ’n beroep deur die Verenigde Nasies se interregeringspaneel oor klimaatsverandering dat…

landbouza210520_article_005_02_01
1 min
het jy gehoor?

‘Ek hoop dat die model tot stand kan kom dat ander gemeenskappe in ander dorpe waar daar totale verval is, dit ook kan toepas.’ MNR. ANDREAS PEENS, prokureur wat inwoners van Koster en Swartruggens verteenwoordig, oor ’n regsmodel wat inwoners van wanfunksionele munisipaliteite kan gebruik om dienste reg te ruk. Bl. 14 ‘Die Gouritzrivier is vol en alles lewe weer.’ ME. HALCYONE MULLER van die plaas Vredehof, Herbertsdale, oor goeie reën in hul omgewing. Bl. 16 ‘Hulle praat met niemand nie. Niemand kan hulle dus probeer help nie.’ MNR. FRED CAMPHOR, uitvoerende hoof van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging, oor die polisie se houding jeens probleme met die lisensiëring van vuurwapens. Bl. 19 ‘Die belangrikste is egter nie wat in die plan is nie, maar hoe dit toegepas gaan word.’ MNR. JANNIE DE VILLIERS, uitvoerende hoof van…

3 min
redakteursbrief

ANDERKANT DIE REËNBOOG DORPIES SE HOOP Die tyd stap vinnig aan. Dit is nou byna 30 jaar sedert ek weg is uit Indwe, die dorpie in die Noordoos-Kaap waar ek grootgeword het. Oor die jare heen het die plekkie kwaai verander. Eers stadig. Soos die tennisklub wat al hoe meer agteruit gegaan het, tot die dag dat dit byna oornag weggedra is. Die hotel in die hoofstraat se kroeg, waar boere vroeër jare gaan keel natmaak het ná die maandelikse vetveeveilings, is ook net ’n vae herinnering. Asook die veilings. Die treinstasie is ook uiteindelik heeltemal weggedra. Indwe is vandag ’n stowwerige, gehawende plekkie. Alles het minstens twee lae verf nodig, beeste, skape en bokke loop die dorp vol, en onbehandelde riool loop die strate af. Deesdae kook die meeste inwoners maar eerder…

landbouza210520_article_006_01_02