Landbouweekblad 27 May 2021

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 22,40
R 840
50 Issues

in this issue

2 min
syfers

23% Die 540 trekkers wat in April verkoop is, is byna 23% meer as in April 2020. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou 27% hoër as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. In April is 43 stropers verkoop, 23 meer as 20 verlede April, en vir die jaar tot dusver is stroperverkope 29% meer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Die uitstekende stroperverkope weerspieël die goeie somergewas-oeste. Trekkerverkope kan tot 15% hoër wees as in 2020. - SA Landboumasjinerieassosiasie R65 miljard Na raming is R65 miljard nodig om ou grondeise af te handel, het mnr. Mandla Mandela, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, gesê. Die kommissie vir die herstel van grondregte moet nog meer as 6 000 van die nagenoeg 80 000 grondeise afhandel wat teen…

1 min
die winter is hier!

Die eerste goeie winterreën het op 15 Mei in die Koue Bokkeveld geval. Mnr. Charl van der Merwe van Môrester Landgoed, waar 35 mm reën aangeteken is, het hierdie foto van sy drie dogters in die wortelland die dag daarna geneem. Van voor na agter stap Katrien, Hanah en Anlia, terwyl die kollie, Zoë, uit die wortelland hardloop. Wortels word hier die hele winter geoes. Volgens Hortgro is die meeste van die sagtevrugte in die streek reeds geoes en slegs die laaste blos-appels moet nog gepluk word.…

landbouza210527_article_004_03_01
3 min
dié week in die landbou

NASIONALE BATE Samewerking met die private sektor om die Durbanhawe teen R100 miljard op te gradeer, beteken nie die hawe gaan geprivatiseer word nie, het pres. Cyril Ramaphosa in antwoord op vrae van LP’s in die parlement gesê. Ramaphosa het beklemtoon dat die hawe, ’n groot uitvoerpunt vir landbouprodukte, ’n belangrike nasionale bate is. Trans-net het ’n plan vir die modernisering en transformasie van die hawe om opeenhoping te verminder. Mnr. John Steenhuisen, DA-leier, het Ramaphosa daarop gewys dat geprivatiseerde hawens van die beste ter wêreld is en gesê mededinging verhoog doeltreffendheid. Hy het voorgestel dat die DA-regering in die Wes-Kaap die Kaapstadhawe oorneem. Volgens Ramaphosa is die hawens in Singapoer en China van die beste ter wêreld en in staatsbesit, en die Kaapstadhawe sal nie aan die DA gegee word…

1 min
in ’n blik

VEILING IN DIE VERTE. Kommunale boere verkoop hul beeste op ’n veiling by Thaba Chicha in die omgewing van Matatiele en Mount Fletcher in die Oos-Kaap. Dit is gehou danksy samewerking tussen Conservation South Africa (CSA), die maatskaplike onderneming Meat Naturally, die Umzimvubu-opvangsvennootskap, die voorsitters van weiverenigings, die gemeenskap en die Suid-Afrikaanse polisiediens. Die veeveilings word na die gemeenskappe geneem omdat hulle ver van die naaste veilingsgeleenthede geleë is. Die eerste gesamentlike veiling is in 2015 gehou. CSA verskaf ondersteuning deur voorligting, veeteelt, inentings en toegang tot die markte met ’n projek wat in 2012 van stapel gestuur is. Die kommunale veeboere word onder meer aangemoedig om rotasiebeweiding toe te pas sodat die veld kan rus en herstel. Die projek het reeds R34 miljoen vir gemeenskappe ingebring.…

landbouza210527_article_005_01_01
1 min
die ander sê

SOOS die wêreld onverhoeds deur die Covid-19-pandemie betrap is, is die piesangbedryf swak voorberei op die moontlike katastrofiese uitwissing van kommersiële piesangs deur Tropical Race 4 (TR4), die swam wat Fusarium-verwelking by piesangs veroorsaak. Groot hoop word geplaas op ’n nuut ontwikkelde, geneties gemodifiseerde (GM) piesangkultivar. Australiese navorsers het einde Februarie dié nuwe piesang bekend gestel wat geneties gemodifiseer is om weerstandig teen TR4 te wees. Hoewel navorsing tot dusver toon dat GM voedsel nie nadelige gesondheidsgevolge het nie, is daar heelwat geldige kritiek op die tegnologie se produksie en regulering. GM voedsel misluk om baie van die stelsels te verander wat die krisis skep waarvoor dié voedsel as oplossing ingebring word. Soos baie gewasse wat in monokultuurstelsels verbou word, maak piesangs in ’n groot mate staat op gereelde toediening van landbouchemikalieë. Dit…

landbouza210527_article_005_02_01
1 min
het jy gehoor?

‘Ons kan eenvoudig nie aanhou produseer in ’n mark waar die volumes reeds te veel is, en dan verbaas wees as die pryse bly daal nie.’ MNR. CHRISTO CONRADIE, bestuurder van wynkelders by Vinpro, oor die gevolge van gevaarlik hoë voorraadvlakke en stygende produksie. Bl. 15 ‘ ’n Veeboer kan voer en water aanry. In die sitrusbedryf is dit anders.’ MNR. PETRUS DU PREEZ, voorsitter van die Gamtoosboerevereniging, oor onsekerheid weens die leë Kougadam. Bl. 17 ‘Ons wil voor einde Mei klaar geplant wees, maar ons weet nie wanneer ons in die lande sal kan kom nie.’ MNR. JAN VAN DEVENTER van die plaas Blydskap in die distrik Riversonderend, nadat 380 mm oornag op sy plaas geval het en sy landerye ontoeganklik gelaat het. Bl. 16 ‘Daar is party dae dat die transaksies ver anderkant ’n…