Landbouweekblad 03 Jun 2021

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 22,40
R 840
50 Issues

in this issue

3 min
dié week in die landbou

WATERWEË HERSTEL Werkers plant inheemse plante op die Vergelegen-landgoed op Somerset-Wes. Die landgoed het teen R12 miljoen verspoelde waterweë herstel deur sowat 15 000 inheemse plante op vyf terreine te verwyder of te herplant. Die projek het vleilande en Lourensford-alluvium-fynbos gered wat geraak kon word deur sediment wat oor die gebied spoel. Dit het ook besoedeling met sediment van die Lourensrivier, wat deur die landgoed loop, gestuit. Die verwydering van indringerplante het vermoedelik tot die verspoeling van die waterweë gelei deurdat inheemse plante se diep wortelstelsels versteur is. Om die waterweë te herstel, is 30 stuwinge gebou, sediment verwyder en klippe asook ander materiaal in die waterweë geplaas. ONDER BELEG ’n Wysiging aan die Wet op Vuurwapenbeheer (Wet 60 van 2000) wat selfverdediging as rede vir die besit van ’n vuurwapen skrap, is kort…

landbouza210603_article_004_01_01
2 min
syfers

4,4% Inflasie het in April na 4,4% gespring vergeleke met 3,2% in Maart. Die styging is hoofsaaklik deur vervoer- en voedselpryse aangedryf. Dit is die hoogste inflasiekoers sedert Februarie 2020 se 4,6%, wat vóór die grendeltyd was. Vervoerinflasie in April vanjaar was 10,6%, hoofsaaklik weens die styging in brandstofpryse en die koste van openbare vervoer en nuwe voertuie. Voedselinflasie was 6,4%, met melk, eiers en kaas (7,8%), asook olies en vette (16,7%) die grootste bydraers. – Statistieke Suid-Afrika 10% Sowat 10% minder hoendervleis is in die ses maande tot einde Maart ingevoer as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Mnr. Chris Schutte, uitvoerende hoof van Astral Foods, sê invoer bly die grootste belanghebbende in die hoendervleismark. Die gemiddeld 40 000 ton/maand wat in die tydperk ingevoer is, verteenwoordig 26% van plaaslike verbruik. In…

1 min
in ’n blik

KOM LAAT ONS BOER! Die driejarige English Cockerspanjoel Noah van die Bredasdorp-omgewing is in sy hart uit en uit ’n boer. Mnr. Lafras Venter, agter die stuur van die John Deere 7200R-trekker, het Noah en sy sussie Nina (4) as waghonde grootgemaak en hulle is daarom gewoonlik aan sy vrou, Lize, se sy. “Omdat dit nou planttyd is in die Overberg, weet hulle dat ons namiddag vir Lafras koffie en aandete land toe neem. Dit is dán dat Noah gewoonlik by die trappe van die trekker staan en smeek om saam te ry,” sê Lize. Hy slaap ook graag in Lafras se Land Cruiser. “Solank die wiele rol, is Noah gelukkig!” Lize sê haar skoonpa, Pieter, het altyd geweet sy seuns is nie lief vir die boeke nie, maar wel…

landbouza210603_article_005_01_01
1 min
die ander sê

DIE Boston Consulting Group en Kearny reken die neiging om “klimaatvriendelik” te eet, kom wêreldwyd voor én groei, berig Bloomberg. Beesvleis kan soos steenkool raak. Bepalers van verbruikersmake kan dit vanweë stygende temperature vermy en dit kan onder druk kom vanweë toenemend goedkoper alternatiewe. Mnr. Anthony Leiserowitz, direkteur van die Amerikaanse Yale-universiteit se program vir kommunikasie oor klimaatsverandering, sê vir steenkool het die verskuiwing in markkragte die doodsklok gelui. Met beesvleis gebeur dieselfde nou. “Dit gaan ’n verskuiwing in verbruikersmake en -voorkeure wees, nie een of ander regulasie nie.” In ’n 2020-opname deur die voedselmarknavorser Datassential het 70% van Amerikaners gesê dit sal gesonder wees as die land minder vleis eet. Tog het Amerika se verbruik in die 2020-pande-mie effens gestyg, tot 25,3 kg/persoon, nadat dit in die finansiële krisis van 2007-2008…

landbouza210603_article_005_02_01
1 min
het jy gehoor?

‘Die hoop was daar dat ’n presedent geskep sal word vir ander munisipaliteite wat versuim om dienste te lewer.’ PROF. ELMIEN DU PLESSIS, grondwetkenner, oor die hofbevel wat private beheer van Koster en Swartruggens se water- en sanitasiestelsel gestuit het. Bl. 14 ‘Ons moet hierdie groot boere nader om hul ou werktuie vir jong boere te gee om ’n begin te kan maak.’ MNR. HENNA DU PLESSIS, voorsitter van TLU SA se jongboerkomitee, oor maniere om jong boere by te staan. Bl. 24 ‘Die seisoen is vroeër en dit help baie vir die graan wat klaar geplant is.’ MNR. ANTON MOUTON, graanboer met plase in die Eendekuil- en Koringberg-omgewing, oor goeie neerslae in Mei in die Swartland. Bl. 16 ‘Ons wil die marksegment ’n bietjie draai sodat boere vergoed word vir olie.’ MNR. ANDRIES WESSELS, produk-ontwikkelingshoof by…

3 min
redakteursbrief

ANDERKANT DIE REËNBOOG ’N PARADOKS WAT HELP Dinge kan soms maar sleg lyk in Suid-Afrika. Daar’s die nuwe voorstel dat Suid-Afrikaners nie vuurwapens sal mag besit om hulself te beveilig nie, want die gevaar is blykbaar té groot dat misdadigers dit kan steel. Dít ondanks die polisie en die Valke se begroting wat kwaai besnoei is, terwyl die beveiliging van politici aansienlik verskerp is. Dit is teen hierdie agtergrond dat Hennie Moldenhauer van Amersfoort onlangs op sy plaas vermoor is. Hy was ’n man met ’n familie, vriende en drome vir die toekoms, en nou is dit tot niet. Verder is daar die verstommende voorstel dat alle mediese skemas se finansiële reserwes van miljarde rande (ons spaargeld) in die staat se nuwe mediese koorsdroom, die onuitvoerbare nasionale gesondheidsversekering, gestort moet word. Ons sal nooit…

landbouza210603_article_006_01_02