Landbouweekblad 10 Jun 2021

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 22,40
R 840
50 Issues

in this issue

3 min
dié week in die landbou

BEROERDE HAWENS Suid-Afrika se vier vraghouerhawens, Durban, Kaapstad, Port Elizabeth en Ngqura, is onder die vyf swakste plekke geplaas in ’n indeks van 351 hawens wêreldwyd vir 2020 wat IHS Markit, ’n navorsingsmaatskappy, namens die Wêreldbank opgestel het. Die top-50 hawens is hoofsaaklik in Oos-Asië, die Midde-Ooste en Noord-Afrika. Geen hawens in Afrika suid van die Sahara het die top-50 gehaal nie. Die prestasie van ’n seehawe is ’n kritieke element van die koste van internasionale handel vir ’n land. Twee indekse, wat onderskeidelik ’n statistiese (infrastruktuur en bedrywighede) en administratiewe (kennis van kundiges) benadering gevolg het, is uitgereik. Suid-Afrika se hawens was onder die swakste vyf in albei. Lees meer by bit.ly/3fyYJhu. VERWOESTING Heuningdiewe het kort voor druktyd 235 byekorwe van ’n heuningboer in die KwaZulu-Natalse Middelland verwoes. ’n Video wat hy…

1 min
natuurskat

Internasionale biodiversiteitsdag is op 22 Mei gevier. ’n Groep natuurliefhebbers het die dag saam met lede van die Nuwejaarsvleilandspesiale bestuursgebied op plase tussen Elim en Bredasdorp bygewoon. Die plase wat die Nuwejaarsriviernatuurreservaat vorm, grens aan die Agulhas Nasionale Park en huisves 1 850 plantspesies, waarvan heelparty endemies is en 315 waaroor daar uit ’n bewaringsoogpunt groot kommer is. Die gebied is op BirdLife Suid-Afrika se lys van belangrike voël- en biodiversiteitsgebiede. Die bewaring van die gebied is ’n inisiatief van 25 grondeienaars. Internasionale biodiversiteitsdag is deur die Verenigde Nasies ingestel om begrip vir en bewustheid van biodiversiteitskwessies te kweek. Vanjaar se tema is “Ons is deel van die oplossing”.…

landbouza210610_article_004_02_01
1 min
syfers

30 ha Die Stellenbosse Belastingbetalersvereniging appelleer teen omgewingsmagtiging vir ’n 30 ha- residensiële ontwikkeling op landbougrond buite dié dorp op ’n plaas tussen Stellenbosch en Kuilsrivier. Omgewingsmagtiging is in Desember 2020 deur die Wes-Kaapse regering toegestaan. Die vereniging sê in die appèl-dokumente die ontwikkeling sal ’n “onaanvaarbare impak hê op die landboupotensiaal, voedsel- en watersekerheid, asook onaanvaarbare visuele en erfenisgevolge”. — Netwerk24 R305 miljoen Barloworld se Ingrain het in die ses maande tot Maart 2021 ’n bedryfswins van R305 miljoen behaal. Ingrain is die nuwe naam vir die styselonderneming wat hy verlede jaar van Tongaat Hulett gekoop het, en produseer stysel, glukose en ander produkte van mielies. Verkoopsvolumes op die plaaslike mark is 3,5% hoër danksy groter aanvraag na koffieverromer en voorbereide voedsel, terwyl sektore soos papierverwerking ook hoër verkope gehad het, luidens…

1 min
in ’n blik

NET DIE BESTE: Ondanks die droogte in die weste van die Oos-Kaap wat nie wil gaan lê nie, glo mnr. Andries en me. Ansie Greef van die Beervleiboerdery naby Willowmore daarin om steeds goeie Angora-teelramme in te koop vir die boerdery. “Jy moenie omdat dit droog is, gaan terugsit nie, jy moet aangaan en vordering maak, want die wiel draai, en jy moet daar wees om weer te kan aangaan wanneer die reën weer kom,” sê Andries. Hoewel boere in die omgewing gewoond is aan droogtes, verduidelik Andries dat dié langdurige droogte baie intensiewer is. Veegetalle op die plaas is verminder en alle vee word nou daagliks gevoer. Hy kon ook sy lam- en speenpersentasies verhoog danksy lamhokke. Hy is baie dankbaar vir die uitstekende pryse wat sybokhaar tans op…

landbouza210610_article_005_01_01
1 min
die ander sê

TOE mnr. Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, onlangs in sy begrotingsrede gesê het sy departement se navorsing en opname onder 10 000 mense het bevind die plaaslike mark is nog nie gereed vir ’n minimum lisensievereiste van 50 MW pleks van die huidige 10 MW nie, het hy nie verwys na enige werk wat deur die departement self gedoen is nie. ’n Ondersoek deur EE Business Intelligence het gevind dit is gegrond op massa-e-posse wat deur ’n aanlyn-petisiemaatskappy Dear South Africa ingewin is. Sedertdien is Dear South Africa ontbind te midde van ’n bestuurstwis. Daarteenoor het gevestigde bedryfsverteenwoordigers almal in tegniese en deeglik nagevorste voorleggings gepleit dat die minimum lisensievereiste verhoog word na 50 MW of selfs hoër. Dié bedryfsgroepe sluit onder meer Business Unity South Africa (Busa),…

landbouza210610_article_005_02_01
1 min
het jy gehoor?

‘Ek is oortuig die ANC wil die bevolking ontwapen, want ’n ontwapende bevolking is maklik om te beheer.’ MNR. JONATHAN DEAL, nasionale koördineerder en uitvoerende lid van Safecitizen, oor planne om wettige vuurwapenbesit vir selfverdediging te skrap. Bl. 14 ‘Aan die een kant het die beeste my brandmerk gehad en aan die ander kant syne.’ MNR. THABANG NKATLO, boer van die Tswaing-distrik in Noordwes, oor beeste wat hy op die hoewe van ’n staatsamptenaar aangetref het. Bl. 15 ‘Intussen is die sprinkane besig om koringlande op te vreet en ons weiding en voerlande te vreet.’ MNR. ANDRÉ VAN RENSBURG, streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL), oor hoekom Bultfonteinse boere nou self opdok vir sprinkaanbestryding, in die afwesigheid van staatshulp. Bl. 22 ‘Die boodskap van volhoubaarheid moet uitgedra word sodat eerder natuurlike as sintetiese produkte gebruik word.’ MNR. PETER…