Landbouweekblad 24 Jun 2021

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 22,40
R 840
50 Issues

in this issue

2 min
dié week in die landbou

ZAMBEZI GETREF ’n Uitbreking van bek-en-klouseer is op die dorpie Kasenu in Zambië se Zambezi-streek aangemeld. Dr. Albertina Shilongo, veeartsenyhoof, het luidens ’n verklaring gesê ná die bevestiging van die uitbreking op 3 Junie is die gebied binne ’n 30 km-radius van Kasenu tot beheergebied verklaar. New Era berig verder padblokkades is ingestel, en aktiewe monitering asook inenting binne en buite die beheergebied is van stapel gestuur. Geen beweging van diere met gesplete kloue in en uit die gebied word toegelaat nie en alle permitte wat dit toelaat, is gekanselleer en herroep. SÊ OOR WAPENS Die publiek moet voor die sluitingsdatum op 4 Julie erns maak met kommentaar op die omstrede voorstelle vir wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000), sê mnr. Fred Camphor, uitvoerende hoof van…

landbouza210624_article_004_01_01
1 min
bokke en leeus sal klink met boschendal

Mnre. Mark Alexander (links), president van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie, en Tim Hutchinson, uitvoerende hoof van DGB en eienaar van Boschendalwyn, klink ’n glasie op die aanwysing van Boschendal-wyn as die amptelike wynvennoot van die Britse en Ierse Leeus se rugbytoer na Suid-Afrika in Julie en Augustus. “Ons glo sport, soos wyn, verteenwoordig die nasionale DNS,” sê Hutchinson. “Die wynbedryf moes die afgelope 15 maande groot probleme trotseer. Met die internasionale belangstelling in die Leeus-toer sal Suid-Afrikaanse wyne wêreldwyd deur DGB en Boschendal op die voorgrond geplaas word, wat ook die profiel van Handelsmerk Suid-Afrika sal verhoog.” Tydens die toer sal die beperkte vrystelling van verskeie Boschendal-wyne ’n magnumbottel (1,5 liter) Shiraz 2019 en ’n rooi versnit van Cabernet sauvignon en Merlot uit die 2017-oesjaar insluit.…

1 min
syfers

39 Daar is 39 munisipaliteite wat in ’n ewe kritieke situasie is as die Lekwa- plaaslike munisipaliteit, wat die kabinet op 12 Mei ontbind het en kragtens ’n hofbevel onder administrasie van die nasionale regering geplaas is. Mnr. David Masondo, adjunkminister van finansies, verwag dit is ’n voorloper vir ander gemeenskappe wat ly onder onbekwame munisipaliteite. Hy het gesê 163 munisipaliteite verkeer onder finansiële druk en 108 munisipaliteite het in 2020-’21 ’n ongefinansierde begroting aanvaar. — Moneyweb 1 721 Geskatte veegetalle het van Augustus 2019 tot Augustus 2020 met nagenoeg 1,7 miljoen stuks gedaal. Volgens raminge deur die RPO was daar 259 000 minder beeste, 1 381 000 minder skape en 81 000 minder bokke. Persentasiegewys was die daling in skaapgetalle die grootste (6%), met die grootste dalings in Kwa-Zulu-Natal (4,26%) en die…

1 min
in ’n blik

UITHALERS. Nadat die jaarlikse skaaphondproewe verlede jaar opgeskort is vanweë die inperkingsmaatreëls wat ingestel is om die verspreiding van die koronavirus te beperk, het proewe vanjaar weer aan die gang gekom. Op die foto wys mnr. Attie Gunther, wat by Witsand boer, en sy hond Chade hul slag by die laaste skaaphanteringstaak, om die skape in die kraaltjie te jaag. Tydens die proewe moet hanteerders en skape take uitvoer wat op ’n skaapplaas gedoen sou word. Die WP-streekskampioenskap is onlangs op die gasteplaas Skeiding by Heidelberg gehou. Die wêreldskaaphondkampioenskappe wat verlede jaar in Engeland sou plaasvind, is uitgestel tot 2023.…

landbouza210624_article_005_01_01
1 min
die ander sê

DAAR is sowat 1,5 miljoen wettige, geregistreerde vuurwapeneienaars in Suid-Afrika en volgens ’n rowwe skatting waarskynlik nog 1,5 miljoen ongelisensieerde vuurwapens in omloop. Ons sal daardie wapens moet vernietig as ons in ’n veilige land wil leef. Dit gaan harde, slim polisiewerk kos. Jy gaan dit nie met nog wette regmaak nie. Die onsinnige twak wat nieregeringsorganisasies soos Gun Free South Africa, die Instituut vir Sekerheidstudies en andere hieroor gorrel, verwring sinvolle debat daaroor. Soos Gun Free se reaksie op mnr. Bheki Cele se jongste konsepwet teen vuurwapeneienaarskap: Elke dag word 26 mense in Suid-Afrika doodgeskiet. Die vollediger statistieke is dat 55 mense elke dag vermoor word. En minder as 12 van die moordenaars agter tralies beland. Gun Free sê wapens in wetlike, burgerlike besit verhoog misdade soos moord. Wel, 40% van Amerikaners het ’n…

landbouza210624_article_005_02_01
1 min
het jy gehoor?

‘Teen superbrande is ons boere met brandspuite op bakkies en die regering se Working on Fire-spanne goed opgelei, maar met voertuie sonder brandstof nie gerat nie.’ MNR. JOHAN TERBLANCHE van die Goudveld-brandbeskermingsvereniging (GBBV), oor die behoefte aan beter voorbereiding vir reusebrande. Bl. 14 ‘Die droogte het mense ook weer laat nadink oor wat hulle doen, hul produkmengsel en hul wingerdopset.’ MNR. JD PRETORIUS, wynmaker by Warwick-wynlandgoed, oor hoe wynboere aangepas het ná die droogte. Bl. 24 ‘Hoe kan die regering ’n belangrike wet wat só ’n groot impak op die ekonomie gaan hê, probeer aanpas op grond van hierdie dokument?’ MNR. HENRY GELDENHUYS, president van TLU SA, oor ’n regeringstudie wat belanghebbendes se teenkanting teen onteiening sonder vergoeding as goedkeuring voorgehou het. Bl. 21 ‘Hulle keer om een of ander rede dat plaasbewoners goeie aanbiedinge aanvaar.' MNR.…