Landbouweekblad 01 Jul 2021

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 22,40
R 840
50 Issues

in this issue

3 min
dié week in die landbou

HAASTIG Die regering beur voort met regulasies vir die gebruik van water vir die eksplorasie van skaliegas, al is ’n omvattende ondersoek na die werklike situasie van watergehalte en -beskikbaarheid in die Karoo nog nie naastenby afgehandel nie. Boonop is dié regulasies, wat op 7 Mei gepubliseer is vir kommentaar in die opvolgende 90 dae, swak en vol leemtes, berig Netwerk24. Volgens die Treasure the Karoo Action Group (TKAG) is daar byvoorbeeld geen aanduiding waarop die regulasies se verbod op eksplorasie binne 5 km van dorpe se ondergrondse waterbronne, damme, fonteine of strategiese waterbronne gegrond is nie. Die regulasies verbied die gebruik van gevaarlike of giftige stowwe in boorvloeistof of as bymiddel tot hidrobreking-vloeistof, en alle inligting oor die watergebruiklisensie vir hidrobreking moet beskikbaar wees vir enigeen wat dit wil sien. ‘TEENPRODUKTIEF’ Sonder…

1 min
appel, tak en blaar

Net tien dae nadat me. Melina Christodoulides by Ceres Fruit Growers (CFH), een van Tru-Cape se verpakkingsaanlegte, begin werk het, het sy hierdie Pink Lady met ’n ongewone patroon op die skil van die voerband afgehaal. “Rooi appels het sonlig nodig om die skil rooi te kleur en in hierdie geval is die sonlig deur ’n tak en blare afgekeer wat die kleurvorming op die skil verhinder het.” Luidens ’n verklaring is hierdie appel op die plaas Dennekruin in die Witzenbergvallei gepluk. Volgens mnr. Henk Griesel, die gehalteversekeringbestuurder van Tru-Cape, is dit baie ongewoon om só ’n perfekte natuurlike etsing van ’n tak en blare op ’n appel te vind. “Ons het al vantevore plakkers op die appels geplak om hierdie effek te kry, maar ek het nog nooit só…

landbouza210701_article_004_02_01
1 min
syfers

54 ºC Die grondtemperatuur het verlede maand in een betrokke sojaland in Noord-Dakota in Amerika se Noordelike Laagvlakte-streek tot nagenoeg 54 ºC gestyg, in wat sommige boere as van die ergste droogtes in menseheugenis beskou. Mnr. Jason Hanson, ’n konsultant van Noord-Dakota, sê hulle ervaar die laagste grondvogvlakke sedert 1988 en álle gewasse ly – kanola, koring, gars, mielies, soja en bone. In Junie is geraam dat net 14% van Noord-Dakota voldoende grondvog gehad het. – Progressive Farmer 419 Amerika se nasionale oseanieseen atmosferiese administrasie (NOAA) se Mauna Loa-observatorium het in Mei ’n maandelikse gemiddeld van 419,13 dele per miljoen koolsuurgas aangeteken – die hoogste sedert die instelling 63 jaar gelede sulke metings begin byhou het. Die stygings op jaargrondslag vir die eerste vyf maande van 2021 was 2,3 DPM, amper dieselfde as…

1 min
in ’n blik

DIE DAG GROET. Dié Vrystaatse sonsondergang naby Bethlehem was eenvoudig te mooi om nie afgeneem te word nie. Mnr. Theunis Pretorius, wat baie lief is daarvoor om foto’s van onder meer landboutonele te neem, sê hy was saam met sy vriend, mnr. Herman Muller, op dié se plaas Labor sowat 5 km buite Bethlehem toe die sonsondergang agter die half gestroopte mielieland hulle laat stilhou het. Dit was tydens die onlangse erge koue front, wat die grys wolke veroorsaak het. Muller, wat met mielies, suikerbone en aartappels op droëland boer, het ’n goeie mielieseisoen gehad. Volgens Pretorius wissel ander boere se opbrengs egter baie. “Op een plek sal ’n boer 8 t/ha oes en ’n ent verder, weens versuipskade, net 2 t/ha. Ons het eenvoudig in Desember en Januarie te…

landbouza210701_article_005_01_01
1 min
die ander sê

MNR. MTHULI NCUBE, Zimbabwiese minister van finansies en ekonomiese ontwikkeling, beoog klaarblyklik om geld uit die mynsektor te gebruik om wit kommersiële boere te vergoed wat hul grond tydens die land se chaotiese grondhervormingsprogram verloor het. “Ons het begin betaal, maar ons sal dit graag vinniger wil doen,” sê hy. Hoeveel die staat die boere skuld, is nog ’n ope vraag. Terwyl die boere dit op $10 miljard bepaal het, reken Ncube dit is $3,5 miljard. Dit is in elk geval baie geld, geld wat eenvoudig onbeskikbaar is. Ncube, ’n voormalige adjunkpresident van die Afrika-ontwikkelingsbank, stel sy hoop op Kuvimba Mining House, ’n beleggingsonderneming van $1 miljard waarvan 65% aan die regering behoort. ’n Deel van die wins uit die verkope van litium-, goud-, nikkel- en platinumbates sal gebruik word om boere…

landbouza210701_article_005_02_01
1 min
het jy gehoor?

‘In die groot areas wat die baie hektare plant en die hoë opbrengste het, is daar swakker gevaar.’ MNR. JANES BARNARD, boer van Hoopstad en mede-organiseerder van die graangroepering Basis-Diff, oor hoekom hy meen die huidige amptelike oesskatting te hoog is. Bl. 14 ‘As ons na die verloop van die seisoen kyk, is dit duidelik dat die seisoen vroeër was as die afgelope paar seisoene.’ MNR. LUAN VAN DER WALT, ekonoom van Graan SA, oor moontlike redes vir afwykings van gemiddelde lewerings in somergrane. Bl. 14 ‘Hulle vreet enigiets, tot ’n driedoringbos word kaal gestroop.’ MNR. DANIE JACOBS, Agri Noord-Kaap se voorsitter van omgewingsake, oor die ongekende sprinkaanplaag in dié provinsie se ekstensiewe veegebiede. Bl. 16 ‘Ons verander nie alle wette van die land nie.’ DR. MATHOLE MOTSHEKGA, voorsitter van die parlementêre komitee verantwoordelik vir die wysiging…